Toortsie se eiertjie te lê oor gee en ontvang

In opdrag (of uitdaging) van Hester.

Die Bybel beklemtoon dat dit beter is om te gee as om te ontvang en dat God die blymoedige gewer liefhet.

Ek is beide: ‘n Gewer en ook ‘n ontvanger. Ek gee my volle tiende in geld aan die kerk en daar waar ek nood sien. Ek hou nie daarvan om dit te verkondig nie en wanneer ek vir iemand iets gee, verkies ek dat dit nie van die dakke af basuin word nie.

Kry gou hierdie prentjie in jou kop: Jy moet van die een wal na die ander wal oor ‘n waterstroompie gaan. Dis nie ‘n sterk stroom nie, hier en daar steek ‘n klip uit waarop jy kan trap, maar die kans is daar dat jy jou balans kan verloor in die proses en in die water val of jou skoene natmaak. In die stroompie staan iemand, wydsbeen geanker op twee klippe, en vat jou hand om jou stabiliteit te gee sodat jy jou balans behou en droog anderkant uitkom.

Dis die prentjie van myself. Ek sien myself as die persoon wat daar staan en vir jou help oor die stroompie. Ek verwag nie iets terug nie, ek verwag ook nie dat jy dit vir die wêreld moet verkondig nie. Ek help ook net oor die stroompie, nie vir die res van jou lewe nie.

Dit is my bydrae oor gee.

Ek is ook ‘n ontvanger. Ek kyk nie heeltyd uit vir iets om te ontvang nie, maar wanneer iemand vir my met liefde iets gee, ontvang ek dit met grasie en dankbaarheid en liefde. Ek glo en vertrou dat dit ‘n daad van liefde is en ervaar dit so. Ek sal nie noodwendig iets teruggee nie.

Sou iemand met bybedoelings gee en iets terugverwag, sal ek dalk iets teruggee om die persoon tevrede te stel, maar nie met ‘n mooi gesindheid nie. Soms gee ek weer iets terug omdat ek so voel of graag wil, maar nie omdat dit van my verwag word nie. Ek gaan nie toelaat dat iemand anders se verkeerde gesindheid ten opsigte van gee en ontvang my vreugde steel nie.

God het die blymoedige gewer lief. Laat ons dan met vrymoedigheid gee sonder om iets terug te verwag. In liefde. En as ons ‘n verkeerde gesindheid het, moet ons eerder nie gee nie, want dit bring geen vreugde nie, nie vir die gewer nie, ook nie vir die ontvanger nie.

Kom ons leer om met vreugde te gee, maar ook met dieselfde vreugde te ontvang, ter wille van die gewer se goeie gesindheid.

Groetnis

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Tot seën van ander

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

15 thoughts on “Toortsie se eiertjie te lê oor gee en ontvang

  1. Jesus het mos die mense eendag gereken moenie dat jou linkerhand weet wat jou regterhand doen nie.
    Jou nederigheid is cool! Ek like dit. Inspirerend.
    Laat my dink aan die een vriend wat ek gehad het. Jong bekeerling, maar vuur en vlam vir Jesus! Reken hy eendag so groepie van ons: “Ek is die nederigste mens wat jy ooit sal kry!” Dood ernstig hoor. Ek sit maar net en dink: Brag bly brag…

    Like

  2. Dit is soos ek jou leer ken het…. daardie in die stroompie staan en help. Sommer so terloops…. my dogter het die posbussleutel en gaan haal eers einde van die maand pos uit. Jou geskenk behoort kort voor lank hier te wees 🙂 Dankie!!

    Liked by 1 person

  3. Dankie en jy sien, nou het jy die spyker op sy kop geslaan: ek MOENIE toelaat dat iemand anders se verkeerde gesindheid ten opsigte van gee en ontvang my vreugde steel nie. Dalk moet ek ook net leer om my medemens te vertrou en die hulp te aanvaar om oor die stroompie te kom, maar ek is ‘n control freak – ek wil altyd ‘n waarborg hê dat medemens my nie bo van die wal af in die stroompie sal help nie. Ek sal probeer. Ou honde leer ook soms nuwe truuks. Lekker bydrae!

    Like

Gesels saam, asseblief!