E-lesers en E-boeke

Destyds toe e-lesers groot mode was, eintlik toe die mode al amper verby was, dalk is die mode steeds daar, maar ek weet dit net nie, het ek vir my ‘n Kalahari E-leser aangeskaf vir baie min geld. ‘n Gobii. Dit het heerlik gewerk. Om die waarheid te sê, hy lê nog daar iewers. Elke boek wat ek gekoop het, was maklik ‘n R100 goedkoper as die gedrukte boek, en dan spaar jy nog die R30 posgeld ook! Ek het boeke gekoop vir ‘n vale, genoeg om te lees tot ek 120 jaar oud is.

Maar tegnologie het ‘n probleem! Dit raak oud! Jy skaf vir jou nuwes aan.

Plaas dat ek daai tyd geluister het. Almal sê Amazon. Toortsie kyk na Kalahari, want Kalahari is Afrikaans en het ‘n magdom Afrikaanse boeke en dit werk so lekker! Hoekom dan anders?

Dan gebeur dit dat ‘n boek slegs by Amazon beskikbaar is, en Toortsie los maar. Of ek sien Kobo het ‘n EPUB, en ek koop dit, net om te besef dat dit slegs op KOBO gelees kan word.

Kalahari raak Takealot. Kyk, ek is mal oor Takealot. Ek koop graag by hulle. Ander goed. Nie e-boeke nie. Dit wil nie lekker werk nie. Wil ek ‘n boek wat ek lank gelede gekoop het, sommer op my foon laai, het ek nie ‘n kaartjie om dit te doen nie. Want Takealot laai slegs 3 keer af en ek weet ek het dit nog nie so baie gedoen nie. Genadetjie tog.

Een dag vererg ek my en koop ‘n boek by Amazon. Ek lees hom op my foon, en as ek netnou op my tablet wil loer, maak ek op dieselfde bladsy daar oop. Koop ek ‘n nuwe foon, is dit steeds op dieselfde bladsy waar ek laas gelees het. Wat ‘n plesier! HOEKOM HET EK NIE AL LANKAL NA JULLE GELUISTER NIE?

Nou sit ek steeds met ‘n mandjievol boeke op my Takealot en dis op my tablet wat horingoud is en aanmekaar knor en lus het om die gees te gee.

Ek geniet steeds om ‘n boek elektronies te lees. Dis steeds lekker, veral as ek op vakansie gaan of pendel om sommer alles byderhand op my foon te hê.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Tot seën van ander

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

37 thoughts on “E-lesers en E-boeke

  1. Ek was nogal lief vir my Gobii. Daar is genoeg boeke op om my te laat lees tot ek ten minste 185 jaar oud is. Maar Gobii wil nie meer aanskakel nie, so nou lê hy ook iewers in ‘n kas saam met al die ou model Nokia en Samsung fone en stof vergaar

    Like

  2. Ek is Amazon verslaaf, en ja, dis lekker om sommer op jou foon, tablet of die Kindle Fire verder te lees. Die gerief het al menige banktoue, en poskantoorbesoeke minder traumaties gemaak. Het jy geweet jy kan al jou Amazon boeke met geliefdes deel, soveel as wat jy wil. My meisiekind en my meisiekind van ‘n ander mamma geniet my biblioteek saam met my. Groetnis

    Liked by 1 person

  3. My dierbare man het vir my jare gelede ‘n kindle gekoop dus ken ek net vir Amazon. Miskien moet jy maar ‘n boek op ‘n slag i.p.v mandjievols koop 🙂 Daar is mos ‘ n “wish list” sodat jy nie van ‘n boek vergeet wat jy graag wil lees nie.

    Like

  4. Eish! My Ipad het gekreun van die hoeveelheid boeke wat ek op my Kindle app gehad het. Net jammer dit was van die erotiese soort. En mag ek sê die kwaliteit van daardie boeke was twyfelagtig om die minste te sê!
    Jy kan nie glo die crap wat jy daar kry nie. Anyhow. Ek het my Kindle app delete. En as ek weer een gaan kry, gaan ek vir ‘n nuwe rekening aanteken.
    Ek skaam my dood!
    But then again, ek het so lanklaas ‘n boek gelees dis nie eens snaaks nie.

    Like

              1. Wat?? Ek is ‘n man. Ons los die breiwerk vir die vrouens! (Sê ek net. Maar ek het baie my ma so gesit en kyk as sy brei of hekel en ek het sommer gesien my hande is te dom vir sulke goed.)

                Liked by 1 person

  5. Ek het ‘n nuwe Kindle. Nogal as geskenk gerky. Maar hy lê en stof vergader in my lessenaar by die huis se laai. Ek sukkel. Ek soek boeke wat ek kan ruik en voel.

    My Emsie-Schoeman-vriendin het my gerefistreer weer en als, maar ek sukkel met my account. Dalk moet ek net weer van voor begin?!

    Like

  6. Al my boeke lê in ‘n Calibre open source library. Calibre convert tussen MOBI en EPUB, so ek het nie ‘n probleem nie. Daar is gewoonlik net vyf boeke op my kindle (want ek probeer altyd almal gelyk lees) en ek copy van Calibre af wanneer ek daardie vyf klaar gelees het. O en tussen hakies, my kindle is ses jaar oud, so as een van julle my graag ‘n les wil leer oor Gee en Ontvang (hierdie week se uitdaging), probeer om vir my ‘n nuwe kindle te gee – ek is seker dit sal werk vir my.

    Liked by 1 person

  7. Vandat ek elektronies begin skryf het het ek n kindle wat ek gebruik. Amazone is die grootste verskaffer van e-boeke. Die ander verskaffers sukkel maar om kop bo water te hou. Amazon is ook besig om te probeer om Indie publiseerders uit te skuif. Kindle gebruik net Amazone boeke! Ek koop ook my Afrikaanse boeke op Amazone. Het juis n tweede handse boek Vrou op die skuit van Elise Muller gekoop omdat ek graag Blommetjie vir Bella wil lees. Daar was net een boek gewees. n Regte egte boek.

    Like

  8. Ek het geen van hierdie tegnologie waarvan julle praat nie – nie hieroor of daaroor nie, maar ek wil die boek IN my twee hande VOEL en ruik en sommer ‘h happie vat ook. Nee kyk, ek het heelwat boeke, maar KINDERboeke! Ek het jare terug ‘n ‘grootmens’ boek gelees – dit verveel my, maar nie die wat ek toe gelees het nie – FA Venter en Dalene Matthee se boeke toe. Ek kan kinderboeke nie weerstaan nie. Dis soos my hond met die bal, as hy een van ons sien, gryp sy haar bal en ons moet gooi. As ek enige boekwinkel sien, moet ek net daarin. Selfs charity winkels, hulle het soms hierdie ou gunstelinge vir amper verniet. Dan Amazon, moenie praat nie! Ek dink ek het ‘n siekte ook boeke – nog al die jare en dis nou die eerste keer dat ek dit public maak! LOL

    Like

Gesels saam, asseblief!