Destyds toe e-lesers groot mode was, eintlik toe die mode al amper verby was, dalk is die mode steeds daar, maar ek weet dit net nie, het ek vir my ‘n Kalahari E-leser aangeskaf vir baie min geld. ‘n Gobii. Dit het heerlik gewerk. Om die waarheid te sê, hy lê nog daar iewers. Elke boek wat ek gekoop het, was maklik ‘n R100 goedkoper as die gedrukte boek, en dan spaar jy nog die R30 posgeld ook! Ek het boeke gekoop vir ‘n vale, genoeg om te lees tot ek 120 jaar oud is.
Maar tegnologie het ‘n probleem! Dit raak oud! Jy skaf vir jou nuwes aan.
Plaas dat ek daai tyd geluister het. Almal sê Amazon. Toortsie kyk na Kalahari, want Kalahari is Afrikaans en het ‘n magdom Afrikaanse boeke en dit werk so lekker! Hoekom dan anders?
Dan gebeur dit dat ‘n boek slegs by Amazon beskikbaar is, en Toortsie los maar. Of ek sien Kobo het ‘n EPUB, en ek koop dit, net om te besef dat dit slegs op KOBO gelees kan word.
Kalahari raak Takealot. Kyk, ek is mal oor Takealot. Ek koop graag by hulle. Ander goed. Nie e-boeke nie. Dit wil nie lekker werk nie. Wil ek ‘n boek wat ek lank gelede gekoop het, sommer op my foon laai, het ek nie ‘n kaartjie om dit te doen nie. Want Takealot laai slegs 3 keer af en ek weet ek het dit nog nie so baie gedoen nie. Genadetjie tog.
Een dag vererg ek my en koop ‘n boek by Amazon. Ek lees hom op my foon, en as ek netnou op my tablet wil loer, maak ek op dieselfde bladsy daar oop. Koop ek ‘n nuwe foon, is dit steeds op dieselfde bladsy waar ek laas gelees het. Wat ‘n plesier! HOEKOM HET EK NIE AL LANKAL NA JULLE GELUISTER NIE?
Nou sit ek steeds met ‘n mandjievol boeke op my Takealot en dis op my tablet wat horingoud is en aanmekaar knor en lus het om die gees te gee.
Ek geniet steeds om ‘n boek elektronies te lees. Dis steeds lekker, veral as ek op vakansie gaan of pendel om sommer alles byderhand op my foon te hê.
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Tot seën van ander
Toortsie by Pinterest
Ek was nogal lief vir my Gobii. Daar is genoeg boeke op om my te laat lees tot ek ten minste 185 jaar oud is. Maar Gobii wil nie meer aanskakel nie, so nou lê hy ook iewers in ‘n kas saam met al die ou model Nokia en Samsung fone en stof vergaar
LikeLike
Gobii was eenvoudig en maklik.
LikeLike
Ek wens ek kan met Takealot praat. Ek ken nogaks 2 persone daar, maarvwil nie net hulle karring nie.
LikeLike
Ek is Amazon verslaaf, en ja, dis lekker om sommer op jou foon, tablet of die Kindle Fire verder te lees. Die gerief het al menige banktoue, en poskantoorbesoeke minder traumaties gemaak. Het jy geweet jy kan al jou Amazon boeke met geliefdes deel, soveel as wat jy wil. My meisiekind en my meisiekind van ‘n ander mamma geniet my biblioteek saam met my. Groetnis
LikeLiked by 1 person
O nie geweet nie! 😁
LikeLike
My dierbare man het vir my jare gelede ‘n kindle gekoop dus ken ek net vir Amazon. Miskien moet jy maar ‘n boek op ‘n slag i.p.v mandjievols koop 🙂 Daar is mos ‘ n “wish list” sodat jy nie van ‘n boek vergeet wat jy graag wil lees nie.
LikeLike
Wat ek nou van kindle geniet, is dat ek net die preview gratis aflaai. Wanneer ek eendag daarby kom, koop ek dan die biek.
LikeLiked by 1 person
Ek doen dit ook. Die sample gee jou ‘n goeie idee van die boek.
LikeLiked by 1 person
Het jy en die paddatjie reggekom?
LikeLike
Ja dankie…. hy kwaak lustig voort 🙂
LikeLike
So bly jy het nie verdrink nie. Ons sou jou vreeslik mis.
LikeLiked by 1 person
Ek het gaan kyk. Hy sit tog te oulik daar.
LikeLiked by 1 person
Eish! My Ipad het gekreun van die hoeveelheid boeke wat ek op my Kindle app gehad het. Net jammer dit was van die erotiese soort. En mag ek sê die kwaliteit van daardie boeke was twyfelagtig om die minste te sê!
Jy kan nie glo die crap wat jy daar kry nie. Anyhow. Ek het my Kindle app delete. En as ek weer een gaan kry, gaan ek vir ‘n nuwe rekening aanteken.
Ek skaam my dood!
But then again, ek het so lanklaas ‘n boek gelees dis nie eens snaaks nie.
LikeLike
Skoe maar jy het ‘n stoute app gehad! 😱
LikeLike
Ja nee. Koop en download die goed vanself! Gmpf. Net jammer die vrou het dit nie geglo nie.
LikeLiked by 1 person
Daai goed het ‘n manier om sommer op die app op te spring! Bolketjies wol doen dit mos ook in wolwinkels. Ai!
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie. Enigste ding wat my nog oorval of bespring het in ‘n wolwinkel was boredom.
LikeLiked by 1 person
😱
LikeLiked by 1 person
Wat?? Ek is ‘n man. Ons los die breiwerk vir die vrouens! (Sê ek net. Maar ek het baie my ma so gesit en kyk as sy brei of hekel en ek het sommer gesien my hande is te dom vir sulke goed.)
LikeLiked by 1 person
Ek wil net sê ek is bly jy het daai nare app gelos.
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n nuwe Kindle. Nogal as geskenk gerky. Maar hy lê en stof vergader in my lessenaar by die huis se laai. Ek sukkel. Ek soek boeke wat ek kan ruik en voel.
My Emsie-Schoeman-vriendin het my gerefistreer weer en als, maar ek sukkel met my account. Dalk moet ek net weer van voor begin?!
LikeLike
Sterkte! Ek ken nie die antwoord nie! 😁 As ek vinnig iets soek, is ‘n regte boek vir my makliker
LikeLiked by 1 person
Al my boeke lê in ‘n Calibre open source library. Calibre convert tussen MOBI en EPUB, so ek het nie ‘n probleem nie. Daar is gewoonlik net vyf boeke op my kindle (want ek probeer altyd almal gelyk lees) en ek copy van Calibre af wanneer ek daardie vyf klaar gelees het. O en tussen hakies, my kindle is ses jaar oud, so as een van julle my graag ‘n les wil leer oor Gee en Ontvang (hierdie week se uitdaging), probeer om vir my ‘n nuwe kindle te gee – ek is seker dit sal werk vir my.
LikeLiked by 1 person
Sal jy dit kan ontvang sonder om vreemde gedagtes te kry?
LikeLiked by 1 person
Ek sal daardie gedagtes begrawe en van naam verander sodat jy my nie weer kan opspoor vir die terugbetaling nie. Haha 😄
LikeLiked by 1 person
Ek het geheime agente op plekke wat jy nie weet nie!
LikeLiked by 1 person
Jy sien, nou maak jy my bang! Skandalige gedrag.
LikeLike
Heheee
LikeLike
Wees gewaarsku: Ek sê jou net, ek dreig nie!
LikeLiked by 1 person
Okei, maar van nou af slaap ek met een oog oop.
LikeLike
Toemaar wat. Ek is onskadelik
LikeLiked by 1 person
Vandat ek elektronies begin skryf het het ek n kindle wat ek gebruik. Amazone is die grootste verskaffer van e-boeke. Die ander verskaffers sukkel maar om kop bo water te hou. Amazon is ook besig om te probeer om Indie publiseerders uit te skuif. Kindle gebruik net Amazone boeke! Ek koop ook my Afrikaanse boeke op Amazone. Het juis n tweede handse boek Vrou op die skuit van Elise Muller gekoop omdat ek graag Blommetjie vir Bella wil lees. Daar was net een boek gewees. n Regte egte boek.
LikeLike
As jy sê hul skuif indie uit, wil hul nie meer hil werk publiseer nie?
LikeLike
Hul probeer dwing dat almal deur hulle moet publiseer sodat hul hul deeldie royalties kan inpalm. Omdat hul so groot is kry hul dit nogal reg ook.
LikeLiked by 1 person
Indie skrywers is onafhanklike self publiseerders.
LikeLiked by 1 person
Ek het geen van hierdie tegnologie waarvan julle praat nie – nie hieroor of daaroor nie, maar ek wil die boek IN my twee hande VOEL en ruik en sommer ‘h happie vat ook. Nee kyk, ek het heelwat boeke, maar KINDERboeke! Ek het jare terug ‘n ‘grootmens’ boek gelees – dit verveel my, maar nie die wat ek toe gelees het nie – FA Venter en Dalene Matthee se boeke toe. Ek kan kinderboeke nie weerstaan nie. Dis soos my hond met die bal, as hy een van ons sien, gryp sy haar bal en ons moet gooi. As ek enige boekwinkel sien, moet ek net daarin. Selfs charity winkels, hulle het soms hierdie ou gunstelinge vir amper verniet. Dan Amazon, moenie praat nie! Ek dink ek het ‘n siekte ook boeke – nog al die jare en dis nou die eerste keer dat ek dit public maak! LOL
LikeLike
Ek koop nie sommer kinderboeke nie, maar noudat jy dit noem, ek verslind ook kinderboeke.
LikeLiked by 1 person