Toortsie en die Bitcoin

Toortsie jy jok! Begin weer! Toortsie en die klein-klein-klein-klein stukkie van ‘n Bitcoin.

Kyk, van Bitcoin verstaan ek niks. ‘n Vriendin het al daarvan gepraat, toe dog ek sy praat Grieks. Of Arabies. Of Mongools. Of watookal.

En ek luister mos deesdae min radio met my gependelry, ek het mos al vertel.

Skielik hoor ek die woord toevallig op die radio, en weer by die vriendin, en by nog mense. Klink my dis op almal se lippe.

En sou jy Bedryfsekonomie 1 studeer het, sal jy weet dat ‘n mens nie aandele koop wanneer dit op almal se lippe is nie. Hulle vertel mos die storie van daardie aandelemagnaat wat by die hyskraanbestuurder gehoor het dat hy nou ook aandele speel, en net daar gaan verkoop hy al sy aandele. Net betyds, want die volgende dag het die aandelebeurs geval. Die groot val van destyds.

Die radio waarsku: Bitcoin is NIE ‘n belegging nie! Maar, laai die App af, koop ‘n paar rand se Bitcoin sodat jy kan leer hoe die tegnologie werk. Jy hoef nie ‘n hele Bitcoin op ‘n slag te koop nie, terloops dis nou R64 000.00 vir net enetjie! Genade!

So, een aand laat laai Toortsie toe die App af en betaal ‘n paar randjies, let wel, ‘n paar randjies, oor. Twee dae later lê die paar randjies in die Rand beursie by die App. Nou hou Toortsie dop, maar niks gebeur nie. Daardie paar randjies bly net dieselfde. Dit pla ‘n bietjie, iewers doen die Toortsie iets verkeerds!

Intussen raak die muntstukkie al hoe duurder. Toortsie wen al die pad. Of so dink sy! Want sien, as dit in die App in die randbeursie lê, beteken dit dat jy nog nie Bitcoin gekoop het nie! Jy moet dit eers omskakel! Hoor hier, die van julle wat dalk ook so gedink het! Jy moet as jy in die App is, die stukkie van die munstuk koop.

So, wat het ek van Bitcoin geleer?

  1. Dat ek niks daarvan weet nie. Steeds niks daarvan weet nie. Heeltemal niks.
  2. Dat jy die wisselkoers kan fnuik daarmee. Jy kan met jou Bitcoin in Amerika iets betaal en hoef nie die wisselkoers tussen die twee geldeenhede te betaal nie en die regerings, lyk my, laat dit toe.
  3. Dis nie ‘n belegging nie, of so sê die ekonome, of party van hulle. Hulle waarsku dat mense hulle vingers vreeslik gaan verbrand daarmee. Hulle sê dis tans in ‘n borrel en dat die borrel enige oomblik kan bars. Ander voel die teenoorgestelde en dat dit die geld van die toekoms is.
  4. Dis nie ‘n piramideskema nie.
  5. Jy kan pryswaarskuwings vasstel: Koop as dit by hierdie prys kom, verkoop as dit by daardie prys kom.
  6. Dat ouens wat ‘n maand gelede baie gekoop het, nou BAIE geld sou maak, maar dat my ou kleine splintertjie besig is om by die sekond waarde te verloor.
  7. Dat ‘n mens net geld daarvoor gebruik wat jy gewillig is om te verloor, dit is NIE DIE MOEITE WERD OM JOUSELF IN DIE MOEILIKHEID TE DOMPEL daarvoor nie. Moenie geld gebruik wat jy nie kan bekostig om te verloor nie.
  8. Dat as jy jou geld oorbetaal het na die App, jy nog nie Bitcoin het nie, maar dit eers moet omskakel.
  9. Dat dit ‘n wêreldwye geldeenheid is waarmee jy orals kan koop.
  10. Die Bitcoin wat jy in jou besit het, raak nie meer of minder nie, behalwe as jy koop of verkoop. Die waarde daarvan word bepaal deur die huidige prys. Raak die prys hoër, raak die waarde meer, en andersom.
  11. Jy kan goed koop met Bitcoin, jy kan dit ook na iemand oordra. Hoe, weet ek nog nie.
  12. DAT DIT ‘N BAIE GEVAARLIKE SPELETJIE IS. MOENIE JOU LAAT VANG NIE. JY KAN BAIE GROOT GELD VERLOOR HIER.
  13. As deel van die oefening het ek in navraag van ‘n bekommerde persoon, geld aangevra om in my bankrekening terugbetaal te word. Ek het die geld ontvang.

Intussen het die Toortsie haar splintertjie van ‘n Bitcoin verkoop. Ek het besef dat as jy wil spekuleer daarmee, jy regtig wakker en ‘hands-on’ moet wees. ‘Mission accomplished’. Ek wou weet hoe dit werk, het dit getoets, hopelik verstaan ek dit nou beter en dis klaar. Afgehandel.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Tot seën van ander

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

17 thoughts on “Toortsie en die Bitcoin

    1. O gits! Daarvan weet ek niks. Ek het dit nog nue gesien nie. Ek is maar grollerig vir sulke goed waar mense oornag rol in due geld. Ek is maar skrikkerig vir Bitcoin en sal dit geslis nie vir mense wat elke sent 50 keer miet omdraai, aanbeveel nie.
      Tans groei die waarde van bitcoin amper onnatuurlik en ‘n ekonomuese wet is dat daar weer iewers ewewig moet kom. Die borrel kan bars en dan gaan jy groot verloor.
      Ek sal beslis nie al my geld in Bitcoin sit nie, net ‘n paar rand om te sien hie dit werk. Dalk us ek eendag spyt dat ek nie al my geld daar gesit het nie, daar is beslis mense wat tans groot geld maak. Ongelukkig kan ‘n mens nie in due toekoms inkyk nie en kan dinge oornag totaal omkeer en dan is die trane groot.

      Like

  1. Ek is bly jy het daaroor kom skryf en vra, dalk kry ons antwoorde. Ek het ook oor RSG hiervan gehoor en het al bietjie gegoogle maar ek ek kry nie veel nie. Hoop hier is iemand wat meer inligting kan gee

    Like

    1. Ek begin dit nou al bietjie beter verstaan.
      1) Registreer op die app
      2) Plaas geld oor
      3) Buy bitcoin. Dan is dit teen die huisige prys.
      4) jy kan ook aanbiedinge maak, bv sê as dit hierdie prys bereik, koop, of verkoop, afhangende jou behoefte
      5) Jou hoeveelheid coins raak nie minder of meer met tyd nie, die waarde daarvan word deur die huidige prys bepaal. Raak dit duurder, raak die waarde meer en andersom.

      Liked by 1 person

    2. Ek het al meer as ‘n jaar terug ‘n post begin skryf maar omdat dit tegnies is nooit gepost nie. Wou nog een of ander tyd daaroor skryf onder dit die titel: Die nuwe inhoud van die keiser se beursie (maar dan ekmyself ek wou my onlangse lang antwoord op jou Stash ook as ‘n post gebruik). Die groot verskil tussen die 2 is dat stash eintlik maar oor kleingeld gaan (letterlik en figuurlik) en bitcoin nie. Nadat Bitcoin vir baie jare op omtrent 6 dollar vasgehaak het, was dit in die begin van Januarie onder ‘n duisend dollar en nou is dit 4 600 dollar. ‘n Groei van 450% in halwe jaar sonder die impak ban rand dollar wisselkoers. Iets met so geweldige groei het ook geweldige risikos

      Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!