Lê-jou-eier: Idiome
Dit moet die eerste keer wees dat mev Google se geheue haar in die steek gelaat het. Ek het gevra, ek het gepor, ek wou net begin smeek toe ek besluit om self in haar pdf leêrs te gaan rondkrap – alles tevergeefs, daar bestaan blykbaar nie die idioom of ‘n gesegte wat lui “Hy kannie pruim sê nie,” Nou is ek niks wyser nie, maar aangesien my ma dit gebruik het, praat ek uit haar mond uit.
Op ‘n dag sit ek en die Engelsman (Ken) saam met my ouers om hulle eetkamertafel… en eet. ‘n Mens kan ander dinge ook om ‘n eetkamertafel doen. Bekkie; die stil man wat in die woonstel op hulle erf gebly het, se stoel is daardie dag leeg. My ma het vir hom ook in die aande kos gemaak. “Waar is Bekkie vandag” vra ek, waarop my ma antwoord dat hy vir die naweek weg is. Sy voeg terloops by dat hy nie pruim kan sê nie. Ek verstaan wat sy bedoel; Bekkie is so stil dat dit moeilik is om hom deel van die geselskap te maak.
‘n Tydjie gaan verby toe Ken uit die bloute kliphard “pruim” sê. Hy kyk na ons verbaaste gesigte, en sê hy verstaan nie hoekom Bekkie dit so moeilik vind om pruim te sê nie, hy as Engelsman kan dit dan sê. Natuurlik het ons dit gate uit geniet.
Skoenmaker hou jou by jou lees.
Hierdie een is vir Toortsie; het daarop afgekom in my nuttelose soekery na ‘n pruim: “So bang soos ‘n Bolander is vir donderweer.”
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.
Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.”
Die arme Ken sal seker nooit toegelaat word om die ou blapsie te vergeet nie! Ek ken die pruim, maar van die bang Bolander het ek nie geweet nie 😄 Is dit die waarheid Toortsie; is julle ‘n ou klomp bangjanne? Kameel, gaan jy hierdie een deurskakel na InLinkz toe? Laat weet as jy hulp nodig het. Ons soek nog inskrywings … ek gaan ‘n aggressiewe bemarkingstrategie moet toepas 😡
LikeLike
Het op die blou paddatjie gedruk maar weet nie wat sê ek by thumbnail nie 😦
LikeLike
Het hy nie vir jou die prentjie van Charlie Chaolin gewys nie, want as hy dit doen, met jy net die prentjie select. Andersins moet net afgaan met die vormpie na “image source” toe, dan kliek jy op “Upload” en kies enige foto wat op jou rekenaar is waarvan jy hou. Dieselfde grootte as wat jy vir facebook sal oplaai ±800 x 800.
LikeLike
Ek het nou met ‘n vreeslike ompad weer by diè wat geskryf het uitgekom. My Charlie Chaplin prentjie wys daar….. weet nie van as jy daar gaan kyk of hy wys nie. Ag anders maak dit nie saak nie.
LikeLiked by 1 person
Hy’s daar! Ek is bly jy het reggekom.
LikeLike
Daarsy – ek sien hom. Dankie vir die deelname!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou Hester…. ek het scrapy se uitdagings gemis. Nou is ek vreeslik trots op myself dat ek dit reggekry het Lol!!!
LikeLiked by 1 person
Alles is maklik as jy weet hoe! Andersins sukkel ‘n mens maar. Ons is vandag besig om nuwe sagteware uit te toets op ons rekenaars en ons vingernaels is al stomp gekou – maar ons sal wel op die ou einde daar kom.
LikeLiked by 1 person
Sterkte…. soos ek verstaan is julle afhanklik van julle rekenaar. Dit is nie net ‘n lekker speelding nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie, en jy’s reg – dit help om brood op die tafel te sit.
LikeLiked by 1 person
As julle nie regkom nie is die koeël deur die kerk, of hoe?
LikeLiked by 2 people
Ja, maar wanneer daar ‘n deur vir jou toegaan, maak daar altyd ‘n venster oop.
LikeLiked by 1 person
Sowaar as wat padda menel dra, jy is reg!!!
LikeLiked by 1 person
Nou hoe dan? Het jy nou weer gedink ek skiet spek?
LikeLiked by 1 person
Nog nooit nie Hester, dit was met die tong in die kies gesê.
LikeLiked by 1 person
O, ek dog net jy is dalk ‘n ongelowige Thomas.
LikeLike
Aits maar julle is flink!
LikeLiked by 2 people
Dit laat my dink aan ‘n storie wat ek gelees het van twee ou gelowiges wat net in bybelversies gepraat het. Hulle hele geselskap het bestaan uit die tekste wat hulle aangehaal het. Kan jy dit ooit indink?
LikeLiked by 2 people
Genade!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, sou nie omgee om daardie gesprek te gehoor het nie.
Ek dink ek gaan handoek ingooi….jy het die laaste sê gehad in ons gesprek. Sou ek later aan ‘n antwoord dink wat ek jou kon gegee het… is dit water onder die brug deur, en sal my daarby berus. Geluk 😊
LikeLiked by 1 person
Haha, ek dink “water onder die brug” was dalk die laaste sê.
LikeLiked by 1 person
Dis regter Hester gebruik daai rooi van jou :). Die donderweer jaag die Kapenaars uit die Transvaal(en sy 20 ander name) en die Kaapse dokter jaag die Transvalers uit die Kaap.
LikeLiked by 2 people
😀
LikeLiked by 1 person
Ok Abrie jy het my….. bietjie vergeet van die Kaapse dokter. Die Kaap het egter ‘n skelm streek, kry sy koud stuur sy dit op boentoe (dit is soos my kleinkinders praat.) Kan sy dit nie vir haarself hou nie?
LikeLiked by 1 person
Dis letterlik so dat mense foto’s neem en op die koerante se voorblaaie sit as daar donderweer is in Kaapstad. Een aand, rondom 2014-2015 se koers, het iemand daarin geslaag om die heel enigste blits af te neem. Dit was op die voorblad die volgende oggend! Mense hier skrik regtig groot, want niemand is swaar weer gewoond nie. As oud-Vrystater verlang ek daarna, die mooiste ding in die Skepping, ons Heer se eie laservertoning. Dis nou meer as “pruim” gesê.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy het meer as pruim gesê!!! Jy laat my aan my man dink met sy liefde vir donderweer. Hy trek die gordyne oop en gaan sit voor die venster om die vertoning te aanskou. Ek sien God se grootheid daarin…. maar dit is oorweldigend.
LikeLiked by 1 person
Ons doen dit ook. Gordyne oop, ligte af, hot chocolate en toasted cheese, dan kyk ons die laser show. Waar is daardie dae tog! Ja, die donderweer kan erg raak, die Suid-Vrystaat het die swaarste weer in SA. Jou man sou ‘n kuiertjie by ons geniet het.
LikeLiked by 1 person
Soos antie googel weet ek ook nie van pruim sê nie! En net so by the way… nie alle Bolanders is bang vir die donderweer nie!! 😉
LikeLiked by 1 person
Ek praat maar uit Toortsie se mond wanneer dit by donderweer kom… sy is baie bang Bolander. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek is gelukkig nie ‘n Boelaner nie! Maar vir donderweer is ek baie bang. Ek kruip sommer agter ‘n flipfile weg! 😱
LikeLiked by 1 person
Nou wat maak jou ‘n Bolander? Moenie met my kop kom mors nie… ek dog as jy ‘n Kapenaar is, is jy ‘n Bolander.
LikeLiked by 1 person
Die wynlande in die Paarl en Stellenbosch en Wellington.
LikeLiked by 1 person
Pns us die Overberg
LikeLike
Dankie…. nou is ek slimmer as gister. Het al gewonder hoekom jy sê julle bly in die Overberg.
LikeLiked by 1 person
Ek is nie presies seker watter dorpe almal ingesluit word in die Boland nie, het kleintyd geweet. Sodra jy oor Sir Lowrey’s Pass ry, raak dit Overberg. ‘Oor die berg’. Dan is jy oor die berg, aan die ander kant van die berg, in die Overberg.
LikeLike
Hoop ek leer jou reg!
LikeLiked by 1 person
Jy is mos juffrou Toorts 🙂 Mooi dag vir jou daar in die Overberg!!
LikeLike
Xx
LikeLiked by 1 person
Ok dan is my seun ‘n Bolander…. hy bly in Paarl?
LikeLike
Beslis! 😁
LikeLike
My kleinkinders praat baie eienaardig… maar ek lief dit!!
LikeLiked by 1 person
Ek weet die Transvalers noem alle Kapenaars Bolanders, maar dis nie so nie. Huerdie wat ek nou sê, is nie heeltemal reg nie, maar ek sê altyd die Bolabders bry nie. Die Swartlanders en die Overbergers bry as hulle praat. Die koringboere.
LikeLike
Van die swartlanders se gebryery weet ek. Kuier eendag saam my sus hulle by my swaer se neef. Hy is ‘n Swartlander… ek kon amper niks verstaan wat hy sê nie. Hoekom praat julle nie maar soos ons Valies nie?
LikeLike
Overbergers en Swartlanders bry verskillend. Het jy geweet? Swartlanders se bry het ‘n meer g-klank. Overbergers s’n sagter
LikeLiked by 1 person
Ek wonder hoekom dinge in die Kaap so verskillend is. By die tyd dat die Kapenaars in Transvaal geland het, was die verskille blykbaar uitsorteer. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek is self nou so deurmekaar met die streke. Volgens my is Worcester in die Klein Karoo, manlief sê die Boland. Dan is daar nog die Koue Bokkeveld en Namakwakand en wat nog alles!
Op jou vraag: Die plain Janes het agter gebly in die Kaap! 😱
LikeLike
😁😁😁😁 en die “upstairs” dames het hierheen getrek. Ons praat mooi van julle hier bo…. sê altyd julle verbeel, en hou julle nie so “upstairs” soos die Transvalers nie.
LikeLiked by 1 person
“Nie pruim kan sê nie.” Baie sedig wees. = Can’t say “boo” to a goose. PREUTS, SEDIG. (As mens pruim uitspreek, trek jou mond preutse plooie) Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Anton F. Prinsloo. Pharos. 2004
LikeLiked by 1 person
Ah ek hou hiervan…. baie dankie. Ek beter ook nie pruim sê nie… die plooie om die mond verstaan. 😄
LikeLike
Net so. Hehe.
LikeLiked by 1 person
Breë glimlag… ek moet dit onthou…
LikeLiked by 1 person
Moet net nie te veel pruim sê nie…. dit gee plooie om doe mond. 😄
LikeLike
😂😂 nes die lelike gewoonte rook, iets wat my gelukkig nooit aangestaan het nie.
LikeLike
Dit pas nogal by iemand wat baie stil is. Ons het weer altyd gesê ‘hy kan nie ê sê nie’
LikeLiked by 1 person
Nog nie dit gehoor nie. Ê trek darem jou mond op ‘n glimlag….. terwyl pruim jpu plooie om jou mond gee 😕
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Ja-nee ek weet van die Bolanders wat so bang vir donnerweer is! Hul eet ook nie mieliepap soos ons Vaaljapies nie! Dis nou n lekker een: Hy kannie pruim sê nie. Dit klink soos ekke as ek in geselskap kom! Sprak geen sprook.
LikeLiked by 1 person
Glimlag ek nou vir jou…. sprak geen sprook. Toemaar, eendag as ons saam kuier sal jy hoor hoe lekker sê jy pruim…. en nog meer.
LikeLike
Ha ha, jy ken my maar sleg. Ek kan so toe maak soos n skulp!(Ek haat dit natuurlik, maar nou ja! Ek probeer elke dag om oop te maak) My man het my darem gehelp om bietjie op te staan vir myself! Sien uit na die ontmoeting. Eendag sal dit nog gebeur gee net kans!
LikeLike
Ek kan pruim se en pruime eet maar moet my asseblief nie laat pruim nie. Maar pruim sterf saam met die spoke uit.
LikeLiked by 1 person
Pruimtabak en spoke…. lekker saamgegaan. Die goeie ou dae!!
LikeLiked by 1 person