Kannie pruim sê nie

Lê-jou-eier: Idiome

Screenshot_2017-08-28-13-16-41-1Dit moet die eerste keer wees dat mev Google se geheue haar in die steek gelaat het. Ek het gevra, ek het gepor, ek wou net begin smeek toe ek besluit om self in haar pdf leêrs te gaan rondkrap – alles tevergeefs, daar bestaan blykbaar nie die idioom of ‘n gesegte wat lui “Hy kannie pruim sê nie,” Nou is ek niks wyser nie, maar aangesien my ma dit gebruik het, praat ek uit haar mond uit.

Op ‘n dag sit ek en die Engelsman (Ken) saam met my ouers om hulle eetkamertafel… en eet. ‘n Mens kan ander dinge ook om ‘n eetkamertafel doen. Bekkie; die stil man wat in die woonstel op hulle erf gebly het, se stoel is daardie dag leeg. My ma het vir hom ook in die aande kos gemaak. “Waar is Bekkie vandag” vra ek, waarop my ma antwoord dat hy vir die naweek weg is. Sy voeg terloops by dat hy nie pruim kan sê nie. Ek verstaan wat sy bedoel; Bekkie is so stil dat dit moeilik is om hom deel van die geselskap te maak.

‘n Tydjie gaan verby toe Ken uit die bloute kliphard “pruim” sê. Hy kyk na ons verbaaste gesigte, en sê hy verstaan nie hoekom Bekkie dit so moeilik vind om pruim te sê nie, hy as Engelsman kan dit dan sê. Natuurlik het ons dit gate uit geniet.

Skoenmaker hou jou by jou lees.

Hierdie een is vir Toortsie; het daarop afgekom in my nuttelose soekery na ‘n pruim: “So bang soos ‘n Bolander is vir donderweer.”

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, kliek op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke.

Nuwe onderwerpe word aangekondig elke Donderdag om 12:00 en sluit outomaties na een week.”

 

Advertisements

61 thoughts on “Kannie pruim sê nie

  1. Die arme Ken sal seker nooit toegelaat word om die ou blapsie te vergeet nie! Ek ken die pruim, maar van die bang Bolander het ek nie geweet nie 😄 Is dit die waarheid Toortsie; is julle ‘n ou klomp bangjanne? Kameel, gaan jy hierdie een deurskakel na InLinkz toe? Laat weet as jy hulp nodig het. Ons soek nog inskrywings … ek gaan ‘n aggressiewe bemarkingstrategie moet toepas 😡

    Like

      1. Het hy nie vir jou die prentjie van Charlie Chaolin gewys nie, want as hy dit doen, met jy net die prentjie select. Andersins moet net afgaan met die vormpie na “image source” toe, dan kliek jy op “Upload” en kies enige foto wat op jou rekenaar is waarvan jy hou. Dieselfde grootte as wat jy vir facebook sal oplaai ±800 x 800.

        Like

        1. Ek het nou met ‘n vreeslike ompad weer by diè wat geskryf het uitgekom. My Charlie Chaplin prentjie wys daar….. weet nie van as jy daar gaan kyk of hy wys nie. Ag anders maak dit nie saak nie.

          Liked by 1 person

                    1. Dit laat my dink aan ‘n storie wat ek gelees het van twee ou gelowiges wat net in bybelversies gepraat het. Hulle hele geselskap het bestaan uit die tekste wat hulle aangehaal het. Kan jy dit ooit indink?

                      Liked by 2 people

                    2. Sjoe, sou nie omgee om daardie gesprek te gehoor het nie.
                      Ek dink ek gaan handoek ingooi….jy het die laaste sê gehad in ons gesprek. Sou ek later aan ‘n antwoord dink wat ek jou kon gegee het… is dit water onder die brug deur, en sal my daarby berus. Geluk 😊

                      Liked by 1 person

      1. Ok Abrie jy het my….. bietjie vergeet van die Kaapse dokter. Die Kaap het egter ‘n skelm streek, kry sy koud stuur sy dit op boentoe (dit is soos my kleinkinders praat.) Kan sy dit nie vir haarself hou nie?

        Liked by 1 person

  2. Dis letterlik so dat mense foto’s neem en op die koerante se voorblaaie sit as daar donderweer is in Kaapstad. Een aand, rondom 2014-2015 se koers, het iemand daarin geslaag om die heel enigste blits af te neem. Dit was op die voorblad die volgende oggend! Mense hier skrik regtig groot, want niemand is swaar weer gewoond nie. As oud-Vrystater verlang ek daarna, die mooiste ding in die Skepping, ons Heer se eie laservertoning. Dis nou meer as “pruim” gesê.

    Liked by 1 person

    1. Ek is bly jy het meer as pruim gesê!!! Jy laat my aan my man dink met sy liefde vir donderweer. Hy trek die gordyne oop en gaan sit voor die venster om die vertoning te aanskou. Ek sien God se grootheid daarin…. maar dit is oorweldigend.

      Liked by 1 person

      1. Ons doen dit ook. Gordyne oop, ligte af, hot chocolate en toasted cheese, dan kyk ons die laser show. Waar is daardie dae tog! Ja, die donderweer kan erg raak, die Suid-Vrystaat het die swaarste weer in SA. Jou man sou ‘n kuiertjie by ons geniet het.

        Liked by 1 person

            1. Ek is nie presies seker watter dorpe almal ingesluit word in die Boland nie, het kleintyd geweet. Sodra jy oor Sir Lowrey’s Pass ry, raak dit Overberg. ‘Oor die berg’. Dan is jy oor die berg, aan die ander kant van die berg, in die Overberg.

              Like

      1. Ek weet die Transvalers noem alle Kapenaars Bolanders, maar dis nie so nie. Huerdie wat ek nou sê, is nie heeltemal reg nie, maar ek sê altyd die Bolabders bry nie. Die Swartlanders en die Overbergers bry as hulle praat. Die koringboere.

        Like

        1. Van die swartlanders se gebryery weet ek. Kuier eendag saam my sus hulle by my swaer se neef. Hy is ‘n Swartlander… ek kon amper niks verstaan wat hy sê nie. Hoekom praat julle nie maar soos ons Valies nie?

          Like

              1. Ek is self nou so deurmekaar met die streke. Volgens my is Worcester in die Klein Karoo, manlief sê die Boland. Dan is daar nog die Koue Bokkeveld en Namakwakand en wat nog alles!
                Op jou vraag: Die plain Janes het agter gebly in die Kaap! 😱

                Like

                1. 😁😁😁😁 en die “upstairs” dames het hierheen getrek. Ons praat mooi van julle hier bo…. sê altyd julle verbeel, en hou julle nie so “upstairs” soos die Transvalers nie.

                  Liked by 1 person

  3. “Nie pruim kan sê nie.” Baie sedig wees. = Can’t say “boo” to a goose. PREUTS, SEDIG. (As mens pruim uitspreek, trek jou mond preutse plooie) Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Anton F. Prinsloo. Pharos. 2004

    Liked by 1 person

      1. Ha ha, jy ken my maar sleg. Ek kan so toe maak soos n skulp!(Ek haat dit natuurlik, maar nou ja! Ek probeer elke dag om oop te maak) My man het my darem gehelp om bietjie op te staan vir myself! Sien uit na die ontmoeting. Eendag sal dit nog gebeur gee net kans!

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s