‘n Onnievriendin vertel dat hulle altyd koerantuitknipsels moes bring en dat sy dit toepas in haar klasse. Ons moes dit ook doen en ek het dit gehaat.
Die probleem, verstaan ek nou, is dat ek nog nooit van harde nuus gehou het nie. Ek het ook nie van die gevoel van koerantpapier gehou en dat jou hande altyd vuil was as jy dit gelees het nie.
By die Saterdag- en Sondagkoerant was altyd speletjies waarvan ek gehou het, maar my broer het gesê ek mag dit slegs speel as ek die koerant gelees het, toe speel ek maar nie meer in die koerant nie.
Terug by die skool en die uitknipsels: Ek het van verkeerde goed in die koerant gehou. Dit was vir my interessant wat in die destydse Nico Malan gebeur, nie wat op die voorblad of in die sportblaaie aangaan nie. Om dus ‘n nuus-item te soek was vir my louter pyn.
Ek besef dat ons nie sonder die media kan funksioneer nie en dat daar mense is wat regtig daarin belangstel. Ek geniet Facebook en blogs, wat sosiale media verteenwoordig.
Nou, met ons gependel en dat ons op die plaas geen radio-ontvangs het nie, luister ek amper nie meer radio nie en besef ek hoe ek op RSG staatgemaak het om my darem in ‘n mate op hoogte te hou met die belangrikste nuusgebeure in die wêreld. Dis of ek op ‘n eiland woon en nie weet wat rondom my gebeur nie. Soms hoor ek op ‘n Vrydag dat dit ‘n baie slegte week was vir ons land, dan weet ek nie waarvan hulle praat nie!
Ja, ons het die media nodig. Ons woon nie op ‘n eiland nie, maar tussen mense. Ons het mekaar nodig.
Groetnis
Toortsue
Of ons nou wil of nie wil nie, ne?
LikeLike
Ja
LikeLike
Jy’s reg, ons moet darem bybly. Ons is op FB ingeteken op verskillende medianetwerke se bladsye (Netwerk24, BBC, Maroela, ons eie South Coast Herald, ens.) en as daar ‘n berig verbyglip op my FB “feed”, dan neem ek darem kennis en kan die berigte aanlyn gaan lees. Ek het ‘n hekel aan TV en kyk dus nie nuus nie; luister net na 60s music op radio terwyl ek werk ☺, dus is sosiale media belangrik vir my.
LikeLiked by 2 people
Mm 60’s musiek! Net die beste
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Ag soms is dit lekkerder op die eiland as in die werklike lewe. En onthou: nuus is altyd sleg. No news is good news.
LikeLike
Jajaa, maar ek is darem ook nie Rip van Winkel nie, al dink ek ek aard dalk na hom. 😁
LikeLike
!
LikeLike
Jou prioriteite is baaaaie reg
LikeLiked by 1 person
Voorheen het die reuk van ‘n koerant darem opgemaak vir die swart vingers. Deesdae bly jou vingers skoon, maar die reuk is nie meer daar nie.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook ons moet maar nuus kyk en lees. Ons plaaslike nuus kan my regtig omkrap, maar internasionale nuus is effe verder, en dit kyk ek baie graag. Not to close to home. My tye in Indonesië is gewoonlik wanneer ek alles oral inhaal. Want nuus kanale is baie keer al wat in Engels is.
LikeLiked by 1 person
Ek kyk baie moeilik nuus.
LikeLike
Nope, hou niks van die nuus nie!!!! Wil nie weet wat hier of in wêreld aangaan nie… sien genoeg bedelaars om te weet ons ou wêreld is in die moeilikheid.
Ooooo ek kon nooit wag dat my pa klaar koerant gelees het nie…. dan kon ek die strokiesprent Nols en Blondie kyk 🙂
LikeLiked by 1 person
So jy verstaan! Op RSG hoor ‘n mens nie so alles nie. Ek dink hulle sif regtig die nuus.
LikeLike
Al koerant wat ons in die huis gehad het was die Vaal Weekblad wat elke week vry gratis en verniet versprei was. Maar dan ook net om te kyk watter movies wys by Ster Kinekor en Nu-Metro. Nou nog speit ek het American Ninja 4 in die cine gemis…
My sielkundige het so jaar of wat vir my terug gesê ek moet alle nuus vermy. Om te lees van die geweld en ander misdade is glo nie goed vir my anxiety nie.
Maar nou ja. Dit is ook al wat toegang na toe het hier deur die dag. So ek is goed belese.
TV nuus het ek so lanklaas ook gekyk. Maar ook net as oorle Ma ons genooi het vir stew…
LikeLike
Ek voel dis sleg vir my om te weet van elke plaasmoord en hoe wreed dit was. Nie omdat ek afsydig staan nie, maar omdat dit so na aan my eie vel is en dit my te veel ontstel, ek funksioneer nie meer optimaal nie.
LikeLiked by 1 person
Mense sal sê jy draai ‘n blinde oog op dies wat suffer in ons land. Ek sê ek verstaan waar jy vandaan kom.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek het baie empatie, maar ek moet ook oorleef.
LikeLiked by 1 person
Selfde hier.
LikeLike
Was die stew lekker? 😁
LikeLike
Altyd. My ma kon die lekkerste stew maak ooit.
LikeLike
👍🏻
LikeLike
Ek lees nie meer koerant soos lank terug nie. Daar was ‘n stadium wat ek 2 koerante per dag deurgeblaai-lees het. Later was tyd net te min en TV nuus was gouer. Nou – vir ‘n goeie paar jaar – kyk ek slegs 1x per dag tv nuus. Ek kan nie aan die werk kom as ek nie saans (meestal voor 7:30) ten minste een nuus sessie gekyk het nie. As ek vir ‘n rede nie kon nie, dan’s ek gou op die Internet se nuusblaaie en saans, voordat ek my rekenaar afskakel, is ek gou op die twitter-nuus. Miskien is daar iets fout met my. lol
LikeLike
Geen fout met jou! Ons is mos almal verskillend aanmekaar geskroef. 😁
LikeLiked by 1 person
Toe ek ‘n kind was, het ek ALS gelees, ek onthou dan sit ek op die toilet en lees ALLES op elke houer om my of sit met die Beeld se bylaat (op die toilet) en lees letterlik elke klein advertensietjie. Lekker stupid!
LikeLike
Ek ken nog mense wat dit doen. Jy us maar net baie lief vir lees! En daai goed is seker geskryf met die bedoeling dat iemand dit sal lees, of hoe? 😁
LikeLiked by 1 person