Media

‘n Onnievriendin vertel dat hulle altyd koerantuitknipsels moes bring en dat sy dit toepas in haar klasse. Ons moes dit ook doen en ek het dit gehaat.

Die probleem, verstaan ek nou, is dat ek nog nooit van harde nuus gehou het nie. Ek het ook nie van die gevoel van koerantpapier gehou en dat jou hande altyd vuil was as jy dit gelees het nie.

By die Saterdag- en Sondagkoerant was altyd speletjies waarvan ek gehou het, maar my broer het gesê ek mag dit slegs speel as ek die koerant gelees het, toe speel ek maar nie meer in die koerant nie.

Terug by die skool en die uitknipsels: Ek het van verkeerde goed in die koerant gehou. Dit was vir my interessant wat in die destydse Nico Malan gebeur, nie wat op die voorblad of in die sportblaaie aangaan nie. Om dus ‘n nuus-item te soek was vir my louter pyn.

Ek besef dat ons nie sonder die media kan funksioneer nie en dat daar mense is wat regtig daarin belangstel. Ek geniet Facebook en blogs, wat sosiale media verteenwoordig.

Nou, met ons gependel en dat ons op die plaas geen radio-ontvangs het nie, luister ek amper nie meer radio nie en besef ek hoe ek op RSG staatgemaak het om my darem in ‘n mate op hoogte te hou met die belangrikste nuusgebeure in die wêreld. Dis of ek op ‘n eiland woon en nie weet wat rondom my gebeur nie. Soms hoor ek op ‘n Vrydag dat dit ‘n baie slegte week was vir ons land, dan weet ek nie waarvan hulle praat nie!

Ja, ons het die media nodig. Ons woon nie op ‘n eiland nie, maar tussen mense. Ons het mekaar nodig.

Groetnis

Toortsue

27 thoughts on “Media

  1. Jy’s reg, ons moet darem bybly. Ons is op FB ingeteken op verskillende medianetwerke se bladsye (Netwerk24, BBC, Maroela, ons eie South Coast Herald, ens.) en as daar ‘n berig verbyglip op my FB “feed”, dan neem ek darem kennis en kan die berigte aanlyn gaan lees. Ek het ‘n hekel aan TV en kyk dus nie nuus nie; luister net na 60s music op radio terwyl ek werk ☺, dus is sosiale media belangrik vir my.

    Liked by 2 people

  2. Ek dink ook ons moet maar nuus kyk en lees. Ons plaaslike nuus kan my regtig omkrap, maar internasionale nuus is effe verder, en dit kyk ek baie graag. Not to close to home. My tye in Indonesië is gewoonlik wanneer ek alles oral inhaal. Want nuus kanale is baie keer al wat in Engels is.

    Liked by 1 person

  3. Nope, hou niks van die nuus nie!!!! Wil nie weet wat hier of in wêreld aangaan nie… sien genoeg bedelaars om te weet ons ou wêreld is in die moeilikheid.
    Ooooo ek kon nooit wag dat my pa klaar koerant gelees het nie…. dan kon ek die strokiesprent Nols en Blondie kyk 🙂

    Liked by 1 person

  4. Al koerant wat ons in die huis gehad het was die Vaal Weekblad wat elke week vry gratis en verniet versprei was. Maar dan ook net om te kyk watter movies wys by Ster Kinekor en Nu-Metro. Nou nog speit ek het American Ninja 4 in die cine gemis…
    My sielkundige het so jaar of wat vir my terug gesê ek moet alle nuus vermy. Om te lees van die geweld en ander misdade is glo nie goed vir my anxiety nie.
    Maar nou ja. Dit is ook al wat toegang na toe het hier deur die dag. So ek is goed belese.
    TV nuus het ek so lanklaas ook gekyk. Maar ook net as oorle Ma ons genooi het vir stew…

    Like

    1. Ek voel dis sleg vir my om te weet van elke plaasmoord en hoe wreed dit was. Nie omdat ek afsydig staan nie, maar omdat dit so na aan my eie vel is en dit my te veel ontstel, ek funksioneer nie meer optimaal nie.

      Liked by 1 person

  5. Ek lees nie meer koerant soos lank terug nie. Daar was ‘n stadium wat ek 2 koerante per dag deurgeblaai-lees het. Later was tyd net te min en TV nuus was gouer. Nou – vir ‘n goeie paar jaar – kyk ek slegs 1x per dag tv nuus. Ek kan nie aan die werk kom as ek nie saans (meestal voor 7:30) ten minste een nuus sessie gekyk het nie. As ek vir ‘n rede nie kon nie, dan’s ek gou op die Internet se nuusblaaie en saans, voordat ek my rekenaar afskakel, is ek gou op die twitter-nuus. Miskien is daar iets fout met my. lol

    Like

      1. Toe ek ‘n kind was, het ek ALS gelees, ek onthou dan sit ek op die toilet en lees ALLES op elke houer om my of sit met die Beeld se bylaat (op die toilet) en lees letterlik elke klein advertensietjie. Lekker stupid!

        Like

Gesels saam, asseblief!