Seën doelbewus

Ons dominee is besig om met ons bybelstudiegroep ‘n reeks te doen oor sewe dinge wat Jesus gedoen het wat Hom geliefd gemaak het, sewe gewoontes wat ons ook kan navolg.

 

Die eerste een was dat Hy tot seën van ander was. Ons word uitgedaag om doelbewus mense te seën, veral dalk op maniere wat in die ander persoon se liefdestaal is, nie noodwendig in ons eie liefdestaal nie.

 

As deel van die uitdaging moet ons ‘n meetbare besluit neem oor hoé ons elkeen dit gaan toepas in die week wat volg. God maak my bewus daarvan dat ek die laaste tyd baie liggeraak is en dus makliker my humeur verloor. Deur meer geduldig met ander te wees, is ek tot seën vir hulle wat saam met my werk.

 

Ons kan op baie maniere ander seën:

 

Ons kan ons tyd en geselskap aanbied aan iemand wat moedeloos en eensaam voel. Ons kan vir ‘n arm vrou en haar kind wat in die reën stap, ‘n geleentheid aanbied en selfs ‘n effense ompad ry om hulle nader aan hul huis te kan aflaai. Ons kan ‘n bakkie oorskietkos vir ‘n duimryer langs die pad gee, of ‘n woord van bemoediging vir ‘n moedelose persoon. Dalk kan ons ‘n klein takie vir iemand doen wat dit nodig het of wat van ‘n drukkie vir ‘n velhonger persoon? ‘n Klein geskenkie of selfs ‘n blommetjie beteken vir iemand baie. Bied hulp aan vir die oorwerkte persoon. Ons kan vir iemand bid.

 

Ek het daarop gekonsentreer om mense te seën en ek dink ek het dit reggekry. Ek kan selfs nog meer doen.

 

Wat van jou? Vir wie kan jy in hierdie week tot seën wees? Ek gaan ook in hierdie week my oë oophou vir plekke waar ek mense kan seën, selfs al voel ek dalk dat hulle dit nie verdien nie. Juis dan, want ek verdien ook nie al die seën wat ek ontvang nie.

 

Come on, don’t be in a trance, start today and begin and bless people! It is worth every effort.

 

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

16 thoughts on “Seën doelbewus

          1. Dink eerder ek sal weer voet in ‘n kerk insit as hulle my veras. Ek weet ek weet. Ek moet net die brein regkry om te gaan kerk shopping doen. Dit klink dalk horrible ek weet, maar ‘n kerk moet reg sit met jou. Nie net sê wat ek wil hoor nie, nee, maar een waar jy God kan voel beweeg!
            Ek raak nou oud.

            Like

            1. Dis heeltemal reg. Veral as jy oor ‘n lang tyd dalk nie gemaklik gevoel het waar jy was nie, is dit dalk goed om uit te kyk na ‘n plek waar jy gemaklik sal voel. Kom volgende Sondag Bredasdorp NG toe! 😁

              Like

Gesels saam, asseblief!