Ek het laat slaplê!

‘n Mens vergeet so gou! Ek het al vergeet hoe verskriklik geëerd ek gevoel het toe Gerda my destyds genader het om vir Finesse se Goedvoelblog te skryf. Dit was soos tjoklits vir my siel!

Ek het geskryf en geskryf en gevoel of ek vlieg! Toe daar sowaar een van my bloginskrywings in die regte tydskrif gepubliseer is, kon jy met my toor.

Toe kom 2017. Die uitdaging was steeds om elke week te skryf, al het dit dol gegaan. Ek het getrek en gependel en my agterstallige werk probeer inhaal en geskryf en kos gemaak vir die nuwe Toortsie en iewers het ek Finesse se goedvoelblogs verloor. Iewers het ek inspirasie verloor tussen al die geskarrel deur.

Tot ek en Annabelle gesels so deur die wifi en Finesse ter sprake kom. Ek gee my flou verskoninkies en sy noem terloops die fantastiese blootstelling wat ons by Finesse kry en ek besef: Toortsie! Jy is simpel as jy so iets deur jou vingers laat glip! Hoe dom kan jy nou regtig wees!

So, dames en here, ek het my sokkies opgetrek. Daar lê sommer drie bloginskrywings in die boksie, reg om gepubliseer te word, ewe met die prentjies en al. Julle besef nie hoe ek altyd soek vir die regte foto nie, dit maak my sommer moedeloos.

Dankie, Annabelle, jy is ‘n inspirasie. Dankie Gerda, jy het my die eerste vlerke gegee.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Gryp die bul by die horings

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging, Uncategorized and tagged . Bookmark the permalink.

8 Responses to Ek het laat slaplê!

  1. Ja, dit oorweldig tog maar as jy te veel op jou vurk het. Aan die anderkant duik daar dan weer dinge op wat maak dat mens weer met spoed koers kry. So bly om te hoor jy raak nou weer op spoed! Sterkte, jy mag maar!

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Soms het mens( ek in besonder) ook nie altyd iets om te sê nie. Laat waai en skryf,Toorts!

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Tyd vir aftrede?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s