Wanneer iemand ‘n handgemaakte geskenk gee

Daar is die spreekwoord: Wanneer jy vir iemand geld gee, het jy van jou goed gegee; wanneer jy jou tyd gee, het jy van jouself gegee.

Baie mense sien ‘n handgemaakte item as minderwaardig. Ja, nie alle handgemaakte goed is mooi nie, daar is soms foute in. Dis dalk nie so professioneel soos die gekoopte een nie. Die het nie die regte handelsmerk nie.

Die waarheid is dat dit in die meeste gevalle soveel meer werd is as ‘n gekoopte geskenk. Nie dat gekoopte goed niks werd is nie, dit word mos ook met liefde gegee.

Wanneer iemand vir jou ‘n handgemaakte item gee, dink aan die liefde wat daarin is. Die hele tyd wat die persoon daaraan gewerk het, veral as dit spesifiek vir jou gemaak is, het sy aan jou gedink. Sy het gewonder waarvan jy sal hou, watter kleur, watter tekstuur. Sy het selfs dalk vir jou gebid ook.

Elke stekie wat daarin gemaak is, is ‘n teken van liefde, ‘n bewys dat sy vir jou omgee, dat jy vir haar belangrik is.

In so ‘n selfgemaakte geskenk gee die persoon haar geld, want sy moes dalk die materiaal waarmee sy werk, koop. Sy gee haar tyd, haar liefde, haar kundigheid, haar deursettingsvermoë.

Ontvang so ‘n geskenk in dieselfde gesindheid, in liefde, in opregtheid. Sien die liefde raak.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Wanneer iemand ‘n handgemaakte geskenk gee

  1. travel460 sê:

    O, ek stem saam. Gee vir my ñ handgemaakte geskenkie, en ek blom!

    Liked by 1 person

  2. Ek het altyd vir my kinders geleer, al gee iemand vir jou net ‘n mooi klippie,is dit een van die beste geskenke, want dis soos jy sê Toortsie…dis die liefde en persoonlike denke aan die ontvanger wat tel.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Ag liewe die vraagtekens sal gepubliseer word…. maar die ordentlike kommentaar wil nie. Sê nou maar net ek stem saam.

    Liked by 1 person

  4. seegogga sê:

    Handgemask is baie spesiaal

    Like

  5. Dis waar dat handgmaakte geskenke eintlik meer trefkrag het as winkel geskenke. Die ellende is net dat as jy so met liefde en gevoel iets gemaak het en dan word daar nie eers melding gemaak of n dankie gestuur. Dit breek mens se hart. Aan die anderkant moet mens dit ook maar vat van wie dit kom nê! Ek’s nou sommer net swartgallig. Dis baie lekkker om n eie gemaakte kaartjie te kry van n kind wat dit diep uit die hart gedoen het.

    Liked by 1 person

  6. Dit is kosbaar, ek koester sulke geskenke. n Skildery deur iemand na aan jou geskilder is meer werd as die grootste kunstenaar se werk.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s