Elke vas het sy eie uitdagings

As ek hier skryf oor my vas, is dit nie om aandag te trek of goedkeuring van enige persoon te soek nie, die vas is tussen my en die Here. Tog voel ek om oor my ervaring daarvan te skryf.

Ek het al ‘n hele paar keer in my lewe gevas. Dit behels dan ‘n algehele vas vandat ek die dag opstaan tot die aand 6 uur. Ek mag wel water drink.

Elke vas is verskillend. Toe ek nog stysels geëet het, was ek soggens as ek wakker word, honger. Teen half 10 begin ek al bewe. Hoe later dit in die dag geword het, hoe moeiliker raak dit, en sou ek elke keer wat my liggaam skree vir kos, vir die betrokke saak bid. Dis tog hoekom ek vas: Om vir God te sê dat ek regtig ernstig voel oor hierdie saak en deur die onthouding van kos, myself telkens aan die betrokke saak te herinner.

Sedert ek bant, is die vas anders. Ek is mos nie meer soggens honger nie, maar die honger kom so skielik, onverwags.

Tog het die vas vir my makliker begin raak en die vorige keer het ek toe vir 3 opeenvolgende dae gevas. Ek het wel elke aand 6 nm geëet.

Ek het wel, as ek besluit om te vas, gekyk na hoe my program lyk om te bepaal of dit uitvoerbaar sal wees of nie. Ek verkies om daardie dag tuis te bly, alhoewel ek al in die verlede my vasdag dieselfde dag gehad het as my dorpsdag.

Vandag vas ons mos vir die droogte. Wel, die besluit dat dit vandag sal wees, is al verlede week geneem en ek het gehoop om minstens 10 persone regoor die land te kry wat dit saam met my sou doen. Ons het nie by 10 persone uitgekom nie, maar ons is wel ‘n paartjies wat dit doen, waaroor ek innig dankbaar is.

Gisteraand sê my man vir my dat ons vanmiddag kuiergaste vir ete het. KUIERGASTE! Skielik moes ek ook vanoggend gou ‘n draai ry en was net betyds vir ete terug. Manlief sê ek kan sommer Kentucky koop. Maar hoe gemaak met kuiergaste en ek vas? Wel, dit was toe glad nie so ‘n moeilike bruggie om te moes oor nie. Ek het vir elkeen sy hoendertjies gegee en gesê, hulle moet my net verskoon, ek sal nie kan saam eet nie omdat ek vas vir die droogte. Geen probleem!

Elke vas wat ek nog beleef het, het op sy eie manier iets aan my geloofslewe gedoen. Ek sal dit regtig graag aanbeveel.

Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

5 Responses to Elke vas het sy eie uitdagings

  1. dromer777 sê:

    Ek is baie lief vir koffie. Maar drink geen koffie op ‘n Woensdag.
    Net maar ‘n klein vaspogingtjie maar belangrik vir my.

    Liked by 1 person

  2. Vas is goed. Dit maak mens sterk.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s