Twee bome, twee leemtes

20170802_152226

Skoonseun se yukka

Vir drie dae op hierdie erf was dit ‘n gesaag, en gekap, ‘n gedra of ‘n gesleep, en ‘n gelaaiery. Eers wou ek die val van die massiewe yukka in my tuin deur fotos vaslê, maar die meeste van die tyd kon ek nie naby genoeg kom nie; die pad was verspêr deur hope afgesaagte jukka stukke. Dit het hulle drie dae geneem om hierdie yukka te fel. Wat ek nie besef het nie is dat die helfte van die Murraya Exotica boom ook in die slag gaan bly, en dat al die plante in daardie bedding vertrap gaan word nie. My tuin lyk gehawend, met wit vesel wat oral rondlê; die potplante lyk asof hulle sneeukappies op het.

In skoonseun se tuin lyk dit nie veel beter nie. Toe die helfte van ‘n boom weggekap is om plek te maak om die yukka in sy tuin uit te haal, het hy sommer daardie boom ook laat uithaal. Hy is duidelik nie so sentimenteel soos ek nie…. of miskien tog. Hy het die drie palms laat skoonmaak, en praat heel nostalgies van die tyd toe hy deur die venster die palmtakke kon sien wat nou nie meer daar is nie.

Toe die treffeling mense Vrydag totsiens sê en ek verdwaas na my tuin staan en kyk, kry ek diè whatsapp van my Afrikaanse skoonseun af:

“Mom, what are you going to cultivate in the open expanse created by the removal of your recently deceased yukka tree?” My antwoord; “Seeing that we are conversing in this foreign language; I am completely devastated by the destruction of my garden. They not only demolished the yucca, but all the plants surrounding it. They thought it necessary to cut half the Murraya Exotica tree away to get to the monstrous yucca. At this stage I am unable to think clearly and will thus have to give myself time before deciding on further action regarding my garden.”

Saterdag was my kleindogter se verjaarsdagpartytjie. Langs die pad wat ons al vir jare der jare ry staan “my boom.” So lief soos ek vir bome, en wolke, en blomme en klippe is, het n dooie blaarlose boom vir my ‘n bekoring van sy eie. Met hulle kaal arms na bo gehef, lyk hulle soos kunswerke. Nou, my boom was ‘n lang statige stuk kunswerk waaraan ek my elke keer verkyk het. Ons het nooit verby hom gery sonder dat ek of Ken erkenning aan hom gegee het nie. Vele male is gestop en van hom ‘n foto geneem; dan met die pragtigste wolke agter hom, of met die son wat agter hom onder gaan, of sommer net omdat ek lus is om hom af te neem. Dit is ook onder hierdie boom wat ek vir Ken gevra het om eendag my as te strooi. My kinders dink nog steeds my as gaan in die verassingspotjie wat die rondte by hulle moet doen.

So ry ons Saterdag, en waar die boom gewoonlik van vêr af te sien is, is daar niks. “Jou boom is weg,” sê Ken. Ek dog my hart gaan staan, en ja, daar waar die boom altyd gestaan het is daar nou net ‘n kort stuk swartgebrande stam. Ek het net verslae gekyk, en toe my kop weggedraai.

Advertisements
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

19 Responses to Twee bome, twee leemtes

  1. travel460 sê:

    O nee krises Kameel. Dit is darem nou een te veel!

    Liked by 1 person

  2. seegogga sê:

    Ai. Ek het hierdi jaar 2 bome aan die dood afgestaan. En ek is regtig hartseer oor hulle.

    Liked by 1 person

  3. Gelukkig is lente om die draai, van herfs na lente ons het mos in 2017 die winter gemis? Mens se tuin kan gelukkig ampertjies weer gered word!!

    Liked by 1 person

  4. Aspaai sê:

    Ek is jammer oor jou verlies. Mag jou lewe verryk word met nog meer van hulle…. Dalk die leemte opvul met ń pragtige bonsai oerwoud geplant in ń platterige bak/ pot wat begrawe word onder die grond of weggesteek is deur ñ paar rotse. Dan kan die leemte opgevul word deur iets pragtigs en hul oormatige groei beperk wees…

    Like

  5. Hier moes ons ook onlangs `n klomp bome, naby die huis saag. Sleg, maak dat ek die geluid, van `n kettingsaag, haat, maar met die winde, wat ons soms kry, is dit die beste.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Kry julle sulke sterk wind? Hier nog nooit gevoel dat wind bome kan omwaai nie…. aan die Suidkus wel. Die geluid van daardie kettingsae sal ek ook nie sommer vergeet nie. Mooi bly daar in die vreemde. Sien darem julle het ‘n lekker familiefees gehou hier by ons neem ek aan.

      Like

  6. Kameel ek geniet bome en tuine tydends die Kaap se droë somer het al die 7 week varings in ons tuim gevrek. Terug by jou bome. Weet dat ‘n kettingsaag nie die Boom van die Lewe kan afsaag nie.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Ag jammer om van die varings te hoor…. ek sou sommer baie hartseer gewees het was dit myne. Dankie dat jy my herhinder het dat ek nog altyd die Boom van die Lewe het!!! Wat ‘n voorreg om Hom te ken.

      Liked by 1 person

  7. As die lente aanbreek aal jy nuwe inspirasie kry vir jou tuin en n baie spesiale boom plant. Ek is ook mal oor bome, hulle is so karaktervol. Veral die stamme. Sterkte

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s