Hoe vorder boek 2? Hoe lank voor boek 2 uitkom? Wanneer kom boek 2 uit? Dis die vrae wat ek nou gereeld kry. Ag, dis lekker vrae, dit voel of die mense belangstel.
So, hoe vorder die boek?
Daar gebeur ‘n klomp goed tegelyk. Die resepte is mos al ‘n geruime tydjie klaar, dis hope kere getoets, geproe, aangepas, weer geproe en neergeskryf. Daar is seker gemaak dat elke bestanddeel wat genoem is, wel by die metode ook genoem word, en dat dit wat by die metode genoem is, by die bestanddele genoem word. Verskeie kere is dit vergelyk met die brondokument, om seker te maak dat die hoeveelhede ooreenstem. Lizelle het met ‘n arendsoog elke resep deurgelees. Waar nodig is die metodes herskryf om dit so gebruikersvriendelik as moontlik gemaak. Baie keer is verduidelik dat ekstra stappe nie nodig is nie, dat dit so in die metodes beskryf word soos ek dit doen en dat die doel is om dit so eenvoudig en maklik as moontlik te maak.
Bakke en borde is die wêreld vol geleen, ek het weer eens elke liewe dis in die beplande boek gemaak teen rekordspoed, Lizelle het dit kom stileer terwyl Lize die foto’s geneem het. Net die fotografie het 3 volle dae geneem. Die Villet Fynproewers het gekom en die kos kom proe en goedkeur. (Fluister – Hulle het nie ‘n keuse gehad nie, geen negatiewe kommentaar is geduld nie! ) Ag, ek spot sommer, hulle het héérlik geëet, veral die dag wat die vleise gemaak was. 🙂
Lize het die foto’s vervolmaak by haar huis en vir my gestuur en ek het foto’s gekyk en gekyk, en gekyk. 380 van hulle! Wag, ek wys gou vir julle ‘n paar, ek is so opgewonde. Om die waarheid te sê, ek is MAL daaroor! Kyk, as julle die boek nie vir die resepte wil koop nie, koop dit dan vir die mooi foto’s. Toemaar, ek spot al weer!
Intussen is die foto’s met ‘n groot gesukkel met die hulp van Dropbox vir Cindy-Lee gestuur, en sy het nou die groot werk om die boek aanmekaar te sit, om die reeds mooi foto’s in iets heeltemal besonders te verander.
Maar ek is nog nie klaar geskryf nie. Die tweede deel van die boek gee mos Bantingraad. Eintlik dink ek ek het dit al klaar geskryf, maar ek is tans besig om die 127 bloginskrywings wat ek oor Banting gemaak het die afgelope drie jaar, te onttrek van die internet en deur te lees, net om seker te maak daar is nie iets wat ek nog moet insit nie.
O, die papier is al bestel en die drukkers sit in die wegspringblokke, gereed om te begin druk sodra ons reg is. En DM moet so tussendeur die proefleeswerk doen en regstellings maak waar nodig. Ongelukkig verander ek nog te veel aan die teks, ek dink sy wag maar so ‘n bietjie.
So, dis waar die boek tans is. Ek hoop om binne 2 maande iets in die hand te hê. ‘n Nuwe Toortsie. Hier’s die Toortsie weer!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Koop tyd
Toortsie by Pinterest
Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap
❤
LikeLike
Sjoe
Jy vorder! Baie geluk!
LikeLike
Voetjie vir voetjie. Ek dink ek kan nou maar afeindig.
LikeLike
Aitsa dis omtrent bedrewig hier in jou hoekie. Maak ons trots op ons mede-blok-maatjie
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Ag Toorts dit klink alles so opwindend. ‘n Heerlike uitdaging en mylpaal. Daar wag sukses op jou pad!!!
LikeLiked by 1 person
Ag Kameel, eintlik speel ek lekker.
LikeLiked by 1 person
Pragtig man. Dis lekker om te weet mens het alles ingesit wat jy moontlik kan. Nou moet die slypwerk en blinkvryf nog gebeur.
LikeLiked by 1 person
Ek dink my deel is naby klaar. Alreeds baie geslyp en oorgeskryf en alles. 😁
LikeLike
Mooi man, nou nog die laaste, en dan laat waai hom Meraai in die Baai. Love it!
LikeLiked by 1 person
Ek raak sommer tranerig van trots op jou.
LikeLike
Dankie. Hou jy nog?
LikeLike
Jip. Ek hou myself besig met die kleintjies, maar dis ń lang vakansiedag…🤗…
LikeLiked by 1 person
Lank lank lank
LikeLike
Ek hou ook nog.
LikeLike
Kan nie wag om hom ook te koop nie. Veral omdat daar raad ook in is.
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike