Vasdag vir die droogte: 9 Augustus 2017

Wanneer die woord, vas, genoem word, begin die koppe oortyd werk aan redes hoekom ons dit nie hoef te doen nie. Dis Ou Testamenties.

Derek Prince sê op die agterblad van hierdie boek: ‘There is no way to measure the tremendous power released by prayer and fasting when practiced with right motives and in accordance with the principles of scripture.’

Vas is lewensveranderend. Dit bring jou tot ‘n dieper verhouding met God.

Vas is nie Ou Testamenties nie. Om die waarheid te sê, Jesus self het gevas vir 40 dae voor Hy met Sy bediening begin  het. Die dissipels het gevas voor hulle groot besluite geneem het.

Twee van die bekendste geskiedenisveranderende vas-gebeurtenisse is Esther en Jona. Jona kondig vir 40 dae in die bose stad, Nineve aan dat die stad verwoes gaan word, tensy hulle tot bekering kom. Die mense begin gehoor gee, kom tot bekering, begin vas. Die koning hoor daarvan en kondig ‘n vasdag af. Niemand mag iets eet of drink nie, selfs nie eers die diere nie. Hulle verander hulle weë. Hulle kom tot bekering. Hulle vas. Die stad word gered.

In die geval van Esther sou die Jode uitgemoor word. Esther vra dat die hele Joodse gemeenskap vir 3 dae sal vas, dan sal sy haar lewe waag en die koning ongenooid nader en praat met hom. Die mense vas. God gee gehoor. Die wet word verander, iets wat totaal ongehoord is en die Joodse gemeenskap kon hulleself verdedig.

God hoor as ons bid. God sien as ons vas met die regte gesindheid. God antwoord gebede.

Nou wonder ek sommer net, hierdie knellende droogte wat die Kaap en die Karoo en sommer die hele land beleef. Is dit nie tyd om ‘n vasdag uit te roep nie? Is dit nie tyd om vir God te sê, ons voel regtig ernstig hieroor nie. Ons is ernstig en wil graag regmaak wat ons verbrou. Ons wil in die regte verhouding met U leef. Ons hoor wat U vir ons wil sê deur hierdie droogte. Ons voel só ernstig hieroor dat ons bereid is om ‘n dag vir U af te sonder waarin ons van die oggend wanneer ons wakker word tot die aand 6 nm, niks sal eet of drink nie, behalwe water, water wat ons binneste sal skoonwas sodat ons nuwe mense anderkant uitkom nie. Wat dink julle? Gaan lees asseblief Joël. Woensdag 9 Augustus 2017 is die dag. Dis vrywillig. Het ek maats wat dit saam met my gaan doen?

Derek Prince skryf: ‘There is a desperate need for men of God in leadership who, by example, will show God’s people this pattern of collective prayer and fasting to seek God’s intervention on behalf of His people.’ 

Tot nou toe het ek stilweg, alleen vir goed gevas. Wie is saam met my in hierdie ding? Woensdag 9 Augustus 2017, heeldag tot 6 nm.

Facebook Event: Vasdag vir die droogte

Meer oor Vas

The first time you fast, it may feel a bit foggy, but it gets better every time you fast again.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

16 thoughts on “Vasdag vir die droogte: 9 Augustus 2017

    1. Dis alles reg. Xx. Daar is natuurlik ander maniere van vas ook, soos om jou te weerhou van iets anders waarsonder jy amper nie kan leef nie, soos jou selfoon. Dis regtig vrywillig en ek neem niemand kwalik wat nie kans sien nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!