Skepe en hawens

Ek het iemand wat graag sê dat die hawe die veilligste plek vir 'n skip is, maar dis nie waarvoor skepe gemaak is nie. Hy verwys dan gewoonlik na beleggings en dat die bank seker die veiligste plek is vir jou geld, maar …

Schalk het dieselfde aanhaling in 'n heel ander konteks gebruik. Hy vergelyk dit met die woeste tye waarin ons leef en dat ons toegerus is hiervoor en hierdeur sal kom.

Jare gelede is ons geloofsgewys gevra: Op watter skip is jy? 'n Passierskip of 'n oorlogskip? 'n Passasierskip waar jy die heel tyd op die hande gedra en bedien wil word, of 'n oorlogskip waar elke ou sy uiterste bes doen en hard werk om lewend anderkant uit te kom?

Die rein antwoord sou mos die oorlogskip wees, en dis wat ek met begeerte en oorgawe in my hart geantwoord het.

Maar ek het nie geweet wat dit behels nie, want oorlogskepe lê nie en dobber in hawens nie!

Op watter skip is jy? Is jy 'n skip wat sterk genoeg is om deur rowwe waters te vaar, of is jy 'n bakkie wat net in die hawe gebruik word? Is jy 'n betroubare vaartuig wat die see kan in, of lê jy net mooi geverf in die hawe, of, nog erger, op die sand, weg van die waters?

As jy 'n skip is wat sterk gebou is en versterk word deur God en jy laat toe dat die Heilige Gees aan die stuur is, weet dan dat jy soms branders en storms sal trotseer, maar weet ook dat jy in Veilige Hande is wat jou sal help om heel anderkant uit te kom.

Sterkte!
Toortsie

14 thoughts on “Skepe en hawens

      1. Ooooo ek hou van die liedjie, baie baie. Skepe is gemaak om te vaar, maar dis ook die waarheid dat ons nie almal net of ‘n passasiersboot of oorlogskip is nie. Party van ons is ‘n dingy wat net-net nie sink nie en maak nie saak wat ons doen nie, ons kry net nie vinnig genoeg die water met die emmer uitgeskep nie. Voel heeltyd of ons amper verdrink.

        Liked by 1 person

  1. Natuurlik sal ek die veiligste plek verkies, en rustig in die hawe bly lê…. maar ek dink nie ek het ‘n keuse gehad nie. My skip is die stormwaters in, en God het vir my gesê dat Hy self daardie storms beveel het. Anders het ek seker aan die slaap geraak. Dit is in die storms wat jy God leer vertrou.

    Liked by 1 person

  2. Sê jy of vra jy, Toortsie. As ek maar net in die hawe kan vertoef. Regtig. Maar soos jy sê, ñ skip is nie vir die hawe gebou nie. So ja, as ek dan nou moet vaar, kan ek net een stuurman hê. Heilige Gees. Want anders sal ek defnitief sink. Ek verstaan dan nie eers die see se getye nie!

    Like

    1. Okay. So jy is een van die kleurvolle skippies wat mens altyd op die wal sien lê?
      Ek wonder darem, jy het te veel durf en geesdrif daarvoor. Ek weet nie. Regtig nie. Hap moeilik aan hierdie een.
      Kry vir jou seesiekpille! Die opgooi raak later minder, mens kan net soveel opgooi!

      Like

    1. Absoluut. En die boot moet ook die tipe water aandurf waarvoor hy gemaak is. Hawebootjies moet dáár hul deel doen, maar oorlogsbote mag nie onnodig in hawe skuil nie. Dis natuurlik ook soms nodig.

      Like

Gesels saam, asseblief!