Seks en die huwelik

Soos die man met die hoed sê, is ons Afrikaanssprekendes nie einlik ingelig oor die seksdeel van die huwelik en die intimiteit daarvan nie. Ons praat nie daaroor nie en skryf ook nie op ons blogs daaroor nie en dit wat ek nou skryf, wou ek al soveel keer skryf, maar ek is mos ‘n Afrikaanssprekende vrou, hoe kan ek?

Maar Toortsie se lig skyn mos orals in, ook in die slaapkamer. Ek luister wat mense sê en hoor baie dinge, soos:

‘Seks is overrated’.

Ek hoor hoe mense verskriklik hard werk en eenvoudig te moeg is saans vir seks. Dan slaap die kinders ook nog die bed vol. Onthou mense, jou huwelik se behoud is belangriker! Die grootste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is ‘n gesonde huwelik. Haal hulle uit jou bed uit!

Ek hoor hoe party jongmense oorboord gaan met seks voor hulle troue, dat die plesier daarvan weg is teen die tyd wat hulle trou, dat dit dan al afgesaag is.
Terselfdertyd hoor ek die teenpool dat dit onder jongmeisies ‘n meer algemene tendens raak dat hulle bang is vir seks.

Ja, seks is nie alles nie. Ja, ons het verskillende liefdestale en almal s’n is nie seks nie.

Terug na die basiese dinge. Seks is deur God ingestel vir die huwelik. Buite die huwelik is dit al die lelike woorde wat mense soms van seks sê, binne die huwelik is dit mooi en rein en skoon en fantasties. Dis daar om geniet te word deur huweliksmaats. Dis die kosbaarste ding wat daar tussen huweliksmaats is. Dis die een ding waarmee ek vir my huweliksmaat sê dat hy die spesiaalste mens is wat ek ken, ek doen met hom wat ek met geen ander persoon sal doen nie omdat ek hom so geweldig liefhet.

Die vieslikste ding wat jy jou huweliksmaat kan aandoen, is om sy/haar seksualiteit te beledig. (Seks is ook al waaraan jy kan dink!) Dis hoe God mans gemaak het, hul natuur vra dit! Soos my liewe oom Christo sê, jy kan so kwaad wees vir jou vrou, maar na ‘n rukkie roep die natuur julle weer bymekaar.

Wanneer seks in ‘n huwelik gesond is, is dit 3 persent belangrik in die huwelik. Dan kom die ander dinge sommer reg. Is seks egter afwesig in die huwelik, dra dit by tot 95 persent van die probleme. Dán is ALLES groter probleme as wat dit sou wees.

Asseblief mense, moenie julle sekslewe verwaarloos nie. Gaan sien ‘n seksioloog as dit nodig is. Ons het nodig om ons huwelike op te pas en die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu wat sy bes doen om huwelike te verwoes.

Pas julle huwelike op. Dis regtig die moeite werd.

A marriage wihout sex is only a substandard marriage.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

18 thoughts on “Seks en die huwelik

  1. ‘n Pastoor uit Engeland het Sondag by ons gepraat. Hy vertel o.a dat ‘n Christelike besigheidsman een naweek by sy seketaresse geslaap het. Hy het nooit sy vrou daarvan vertel nie maar dinge het begin skeef loop in hulle huwekik. Toe hulle by hom kom vir berading sê die vrou vandat hy teruggekeer het van daardie naweek het dit vir haar gevoel hulle is drie pleks van twee mense in die bed en in hulle sekslewe. Seks is nie iets om mee te mors nie.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!