As julle nog nooit ‘n blondeoomblik in julle lewe gehad het nie…. wees dankbaar!!! Ek kry hulle; soos diè dag toe ek en Ken saam met my sus Rika, en haar man in die motor ry, en ek ‘n plakkaat sien waarop “treffeling,” staan. Ek wonder hardop hoekom hulle traveling so spel, en na vele gelag word ek vertel dit is “treefelling.” Ek het nie toe geweet dat ek eendag die “treffeling” mense nodig gaan kry nie.
Jare gelede plant ek ‘n klein yucca boom in my tuin. Ek het nie ‘n benul hoe groot hulle word nie, maar volgens skoonseun maak hulle babatjies, wat ek net gereeld moet afsny – verder behoort die boom nie probleme te gee nie. Hier is nie plek in die tuin vir groot bome nie. Hy het my net nie vertel hoe vrugbaar die boom is, en dat ek nie gaan voorbly om die babatjies – wat uit die stam groei – af te sny nie, en dat diè weer hulle eie uitgroeisels maak… en maak… en maak nie. Die boom neem vinnig in lengte toe, en begin vir my monsteragtig voorkom. Op ‘n yskoue dag – waarop dit nog gesneeu het ook (ek het nie geweet dit gaan sneeu nie,) – kry ek ‘n swartman wat dapper genoeg is om in die digte steekagtige groeisels in te klim, en dit uit te dun. Baie daarvan beland in buurman se tuin, maar hy was gaaf genoeg om te sê hy sal sy tuinman vra om dit op te tel, en weg te gooi.
Die yucca dien as skeiding tussen die boonste verdieping van hulle huis, en die voëlnes waarin ons bly, en sorg vir privaatheid, en skadu van die felle son in die somer. Die yucca neem egter nie net in lengte en digtheid toe nie, maar sy drie stamme sit uit soos tantes wat net op koek leef. Dit raak massief groot, en laat Ken en skoonseun bekommerd kopkrap. En toe verlede week kom lui buurman die klokkie by die hek, en sê hy sien van sy kant af die yucca het die muur laat kraak, en dit lyk asof die muur gaan omval. Nou dit kan ons nie van ons kant af sien nie; die drie vet tantes het die weg verspêr, en dan is daar nog digte plantegroei om hulle. Daar is nie sprake van self die yucca uithaal nie; daar is te veel veiligheids risikos aan verbonde, en ons wil nie die kans waag nie. “Dit is omdat ma die yucca te veel flippen water gee,” mor skoonseun, en gaan bel die “treffeling,” mense. Hy het besluit om sommer die twee yuccas in sy tuin ook te laat verwyder.
More kom die “treffeling” mense. Dit gaan hulle drie dae neem om met die yuccas klaar te speel. Dus sê ek totsiens vir ons privaatheid. Ek gaan die yucca mis, al het hy homself so wangedra. Nou wonder ek hoe groot ‘n yucca veronderstel is om te word as hy nie so baie flippen water kry nie.
Kameel! Dis eintlik kostelik hoor! Van nou af spel ek die boomafkapmense se naam ook as die treffeling-ouens. Sterkte vir môre.
LikeLiked by 1 person
Dankie 🙂 Ek gaan tog nooit die einde van my blondeoomblik hoor nie… dus is dit nou hulle naam. 🙂
LikeLike
Hy is darem nie so lank en swaar, dat daar iets kan gebeur soos in daardie video van die palm, wat iewers aan die Rand, is dit nou Brakpan? omgetrek is nie,
LikeLiked by 1 person
Ek hoop werklik jy is reg. Daar is buurman se elektriese omheining, en dan is sy drie stamme werklik massief. Nuuskierig om te sien hoe hulle dit uit die grond uit gaan haal. Ek weet die stamme is veselagtig en sag…. miskien kap hulle dit in stukkies. Weet net dit gaan ‘n groot opening in die tuin los.
LikeLike
Yuccas is goed vir heining met hul stekels. As ons nou v dieselfde ding praat. 😊
LikeLiked by 1 person
Hulle blare is baie skerp en ek kan dink hulle sal ‘n goeie heining uitmaak…. as hulle stamme hulle net wou gedra en nie so dik word nie. Miskien het myne te veel water gekry 😦
LikeLike
Ek dink nogal hulle hou nie daarvan om bederf te word nie, hulle beloon jou en groei dan verwoes. Maar ek dink hulle kan nogal ‘n skelm lelik laat les opsê wat deur hulle moet kom, om jou plek te betree.
LikeLike
Hehehehe hier by ons op die hoek is weer ‘n ou wat ‘treefeeling’ adverteer. Klink na ‘n new age hippie advertensie. Maar ons het die ‘Treefeeling’ man ook al gehuus om ons Suurlemoen Boom uit te dun want die taxis stop gedurig om ons suurlemoene te pluk en vernietig ons doring draad.
LikeLike
Treefeeling!!” Dit klink asof hulle baie sagkens met die bome sal werk. Nou voel ek beter; as jy hulle vir ‘n suurlemoenboom kan inkry, kan ons seker vir ‘n wille wragtig yuka dit ook doen. Suurlemoensap op ‘n nugtermaag is baie goed…. miskien moet ek daar oor die draad by jou gaan spring!!
LikeLiked by 1 person
JY is meer as welkom. Die wolf sal ‘n kameel besoek waardeer 🙂
LikeLiked by 1 person
Yucca’s maak so ons het dieselfde probleem gegad by ons ou huis. Dis waarskynlik nie van te veel water nie maar oor hul in die natuur gewoond is aan meer spasie. Sterkte met die “treffeling” môre!
LikeLike
Dankie Aspaai. Wonder nou wat ek in daardie grote opening kan plant wat nie soveel spasie nodig het nie. Ek sou soooo graag ‘n “birch tree,” wil hê… maar hy sal ook nie daar werk nie.
LikeLiked by 1 person
Probeer gerus iets soos Chinese Lanterns hulle is ń struik en sal privaatheid bied, kan getrim word as hul te bosserig raak en sover ek weet is hul wortelstelsel nie van so aard dat dit ń muur sal beskadig nie. Mens kry hulle in verskeie kleure. Ongelukkig maak hul blomme wat dalk bietjie kan mors… sal bietjie dink of ek aan ń ander alternatief kan dink
LikeLiked by 1 person
Blonde oomblik sê jy?! Aan die einde van die blogs staan “more in” en die blog se naam. Ek het al gewonder hoe weet WordPress wat die volgende dag geblog gaan word…
LikeLiked by 1 person
Ag Abrie, ek kyk nooit advertensies nie… en nou gaan soek ek om te sien wat jy bedoel. Van vandag af sal ek beter oplet. Ek glimlag natuurlik vir jou blondeoomblik…. as ek dit reg verstaan.
LikeLike
Bwahaha, jy’s nie ernstig nie? Grapkas.
LikeLike
O toggie dis n gedoente! So n vrugbaar groeiende boom. Jy het dit darem heel kleurvol vertel. Jy moet vir Tina vra oor die Kokerboom wat sy laat verwyder het! Dit was n hele ekspedisie en gedoente! Mis jou stories!
LikeLike
Ek is bly ek is nie al een wat met ‘n halstarrige boom sukkel nie….. anders het die treffeling mense nie werk gehad nie. Ek ry vreeslik wipplank wanneer dit by my emosies en blogs kom. Jy gee my weer moed. Mooi dag vir jou. My seun sê die Kaap is yskoud; so die koue is oppad.
LikeLike
Ons het die laaste twee weke rerig koue, nat en yswinde gehad. Ek pas n vrou se huis hond met n ou hond vol rumatiek. Arme dier maak my skoon senuweeagtig as sy so bly heen en weer loop. Sy kry nie moed bymekaar om te gaan lê nie. Die koue is erg vir haar. Ek laat haar maar in die huis slaap. Jy moet maar rustig wees as jy so wip, (ek spot hoor) Netnou wip jy van plank af en dan is jy langer buite werking. Ek verstaan jou situasie. Het ook bietjie opgelees oor jou. Sterkte maar vir jou. Een van die dae blom die Jakkarandas en is die lente met ons.
LikeLiked by 1 person
Probeer bietjie “boomsloping” lees in Engels in plaas van Afrikaans, Kameel. Dit het my n hele dag gevat om agter te kom dis eintlik n Afrikaanse woord…
LikeLike
Nou het ek lekker gelag!!! Jy moes voorwaar kop gekrap het.
Volgens Google vertaling is boomsloping “boom demolision”
LikeLiked by 1 person
Ek het jou gemis; bly om jou weer hier te sien.
LikeLiked by 1 person
Ek steek my kop agter die deur uit…. en trek dan weer terug. Hopenlik net ‘n fase. Dankie dat jy my mis…. oor die naweek deur die kommentare op my blogs gelees, en besef julle beteken baie vir my.
LikeLiked by 1 person
💗
LikeLike
n Yukka is n erg skerp ding wat baie seer steek, ek wil defnitief nie die taak he om hom af te saag nie. Sterkte.
LikeLiked by 1 person
Dit het drie dae vir die boomslopers geneem om die drie yukkas uit te haal. Vir drie dae lank het daar mense aan hierdie massiewe yukka in my tuin gekap en saag en kap. Dit was ‘n yslike werk….en my tuin lyk nou sleg getrap en vol wit vesels.
LikeLike