Full circle herhaal

In my lewe was eisteddfod, of soos ons dit in ons jongdae geken het, kunswedstryd, ‘n groot storie.

Eers het ekself as skoolkind en ook later as volwassene, elke 2 jaar wanneer dit aangebied was, by die Overbergse Kunswedstryd deelgeneem. Ek het gelewe vir daardie dag! Natuurlik het die senuwees en adrenalien en wat nog alles hulle rol gespeel.

Toe kom my meisiekind en die geskiedenis herhaal homself. Ons ry Hermanus en Riversdal en Bellville en Stellenbosch toe agter al wat eisteddfod is en meisiekind sing en speel klavier en blaas blokfluit en dwarsfluit dat die biesies bewe. Soms moet die ma begelei, met erge gevolge!

My laaste eisteddfoddag was met ‘n knop in die keel gegroet. Die einde van ‘n era. Dit was so ‘n lekker ding wat ons twee saam gedoen het. Ons het mekaar se taal so verstaan.

Toe draai die wiel sowaar weer en hier sit ek vandag sowaar weer by die eisteddfod. In die heel agterste ry, lekker ontspanne met my selfountjie en breiwerk. Vandag ontspan ek net en sit gemaklik en luister en verwonder my dat tienjariges sulke gevorderde musiek maak.

Vandag is my meisiekind die beoordelaar en ek die trotse mamma.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

7 thoughts on “Full circle herhaal

    1. Ek dink dis moeilik in groot groepe. Daar was gister ‘n groep van 26. Hoe onthou jy vir wie het jy 83 gegee en vir wie 84. Die uitstaande goeies en swakkes staan mos uit, maar die ander lot.
      Ek dink wat belangrik is, is konsekwentheid. Solank jy in jou uitsprake konsekwent is, is jy redelik veilig. Daar was darem nie tamaties of nartjies geslinger nie, musiek is mos ‘n baie ‘beheersde’ gehoor. 😁

      Like

Gesels saam, asseblief!