Ek het oud geword

Toe ons nog op Uitkyk gebly het, was my stappery die ding wat my kop ‘reg’ gehou het. Ek en my hond het ons paaie geken en die meeste middae lank en ver gaan stap, die omgewing geniet, sonsondergange beleef, met God gekommunikeer.

Toe gaan ons dorp toe. Verbind met ‘n leiband begin ek en hond die dorp se strate verken, maar dis net nie dieselfde nie. Met klein hondjie wat bykom, verander die speelveld heeltemal en oefen ons keer op keer vir ‘the funniest home videos’ soos hulle my in alle rigtings rem. Ek kan niks anders doen as om nét op hulle te konsentreer nie. Dan trek een dié kant toe, dan steek die ander een vas. Dit help nogals vandat ek die twee leibande aan mekaar vasgeknoop het, hul trek ten minste in een rigting!

Ek ken nog nie die plaas waarheen ons pendel so goed nie. Hier is ‘n stukkie pad waar ons loop, maar dit wil net nie so lekker werk nie. Dis ‘n plat, reguit stuk pad. Dán sien jonghondjie die enigste skaap en ek moet keer vir ‘n vale. Ons moet dophou vir die bure se honde, want my honde loop hier los. Dan verloor ons vir jonghondjie, want sy het geskrik toe die hele trop beeste aangehardloop kom om te kom loer.

Die realiteit skop in: Ek het oud geword vanjaar. Ek loop stadiger, my lyf pyn snags, ek stap nie meer so ver nie. Ek is onfiks! Depressief. Oud! 😱

Gister dink ek aan ‘n ander paadjie wat ek en my seun al gery het: Agter die huis op. Ek en hondekinders besluit, dís die pad wat ons moet loop. Sjoe! Dis ‘n ekstra steil bult. Die asem jaag!

Die hondekinders en die mamma geniet elke oomblik. Ons is vry! Geen beeste, geen bure se honde, die bult gee uitdaging. Ons kyk verrr uit en voel vir die eerste keer sedert Februarie weer die konneksie met die natuur.

Una moet onder die water in. Toortsie moet die natuur in. 😁

Toortsie het gearriveer!
At last!
Sug van verligting.
Sug van dankbaarheid.

Nothing can describe the satisfaction that you get when you walk in nature.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

17 Responses to Ek het oud geword

  1. seegogga sê:

    Neewat daar is nog geen sprake van oud word nie

    Like

  2. the Author sê:

    Daarmee saam moet jy natuurlik bedag wees op die vyand wat allerhande goeters in jouse oor fluister!! 😉

    Liked by 1 person

  3. Jy sal gou beter voel hoe fikser jy word.Ek was so depressief want ek was vir drie weke dood op my voete van griep.Noudat ek weer oefen en stap,gaan dit sommer beter!

    Like

  4. Ons bekommer ons tog so oor oudword (ek ook). My (eerste ooit) onderonsie met die hospitaal, vroeër vanjaar en die gedagte aan my weermagvriende wat so jonk dood is, het my net weer laat besef: Ek is oud, maar el LEWE! Wat ‘n wonderlike genade is dit om elke oggend wakker te word met die wete dat ek steeds ‘n rol op aarde kan vervul.

    Liked by 2 people

  5. travel460 sê:

    Ek verstaan so wat jy hier sê, Toortsie. Van jou lang ente stap en jou kommunikeer met God, wat nou vir ñ ruk weg was. My drie jaar daagliks Rustenburg toe en terug ry, ñ uur in elke rigting, was my tyd met God. Ek mis dit met ñ diepe verlange. Die totale afsondering in my motor eens ek op die snelweg was. My geestelike musiek. Niks en niemand wat my kon steur nie. Ook die roetine. Ek sukkel steeds om die afsondering terug te kry. My siel dors daarna.

    Liked by 1 person

  6. Kameel sê:

    Dit vat tyd om aan te pas Toorts en jy is besig om jou voete in jou nuwe omgewing te vind. Ek verlang na God PUNT,
    Laat ek saam met Paulus sê: For we know that if this earthly tent we live in is destroyed, we have a building from God, an eternal house in heaven, not built by human hands. Meanwhile we groan, longing to be clothed instead with our heavenly dwelling, because when we are clothed we will not be found naked. In this tent we groan and are burdened because we do not wish to be unclothed but to be clothed instead with our heavenly dwelling so that what is mortal may be swallowed up by life. Therefore we are always confident and know that as long as we are present in the body we are away from the Lord. We live by faith, not by sight. We are confident I say and would prefer to be away from the body and at home with the lord. So we make it our goal to please Him, whether we are at home in the body or away from it.

    Like

  7. Jy gaan sommer gou weer beter voel. So ‘n bietjie opdraande is goed vir die kardio en die bene sal ophou pyn. Onthou om bietjies water op ‘n slag te drink terwyl jy stap; selfs in die winter verloor jy baie vog op pad.

    Liked by 1 person

  8. Hoop jy is sommer gou beter

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s