Die week se glimlaggies

Puppy het my geïnspireer tot hierdie bloginskrywing.

My eerste glimlag is omdat ek nie naastenby so sleg voel soos my bloginskrywing dit laat lyk het nie, en saam met dit het al die blogmaats se omarming my diep en lekker warm laat glimlag.

Ek kan nie anders as om te wil giggel vir Una se bont kombibus met ons lot wannabe hippies daarin met ons los en bont klere en my kitaar en ons toer die land vol terwyl ons die bussie moet laat luier as ons stop omdat hy dalk nie weer sal ‘start’ nie!

En dan het ek mos ‘n Karoolsie!

Toortsie se Bantingboerekos gee geweldige spronge en ek staan verwonderd. Sedert Vrydagmiddag het vreeslik baie mense in een plattelandse dorp vir hulle boeke aangeskaf danksy een entoesiastiese vrou!
Ag, en ek glimlag dankbaar omdat die Here vir my gewys het dat ek regtig aangestap het wat betref ons vorige huis waar ons 17 jaar gewoon het.

Die kop wat ek ontdek het waar ek en die honde kan gaan stap! Man, dis ‘n lekkerte!

My tannie is oorlede, beslis nie iets om oor te glimlag nie, maar ek juig oor die fantastiese 93 jaar wat sy geleef het en die verskil wat sy in mense se lewens gemaak het.

My nefie wat sy verjaarsdag in die ouetehuis gehou het.

Dit was ‘n vreugdevolle week en dis nog nie eers klaar nie!

Glimlaggroete
Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

7 thoughts on “Die week se glimlaggies

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s