Bantingversary

Môre, 27 Julie 2017, is my derde Bantingversary! Dis nou te sê, as ek nie voor dan iets oorkom nie!

Dit was een van my eerste en grootste uitdagings: Om vol te hou vir drie jaar. Nog nooit het ek so lank met ‘n eetprogram volgehou nie, behalwe natuurlik met ‘n te veel eet, maar nie met ‘n gesonde, of verslankingsdieet nie.

Jare gelede het iemand gesê: 3 Jaar. As jy 3 jaar kan volhou, het jy ‘n verslawing oorwin. Dís hoekom die drie jaar vir my so ‘n mylpaal was, ‘n doelwit om te behaal.

Nou is die drie jaar so te sê om. Ek dink nie meer aan Banting en of ek kan uithou, of nie, ek doen dit net. Dis deel van my lewe.

Wat ek wel weet, die verslawing word dalk wel beheer, maar oorwin is dit nie! Ek weet ook dat dit iets is wat nie sommer homself laat oorwin nie.

Kuier ek by mense en my eetprogram word ‘n bietjie ontwrig, word ek dalk genoodsaak om kosse te eet wat nie heeltemal Bantingvriendelik is nie, kan ek maar weet dat ek weer ekstra hard moet konsentreer om nie sommer in stysel en suiker te verval wanneer ek by die huis is nie. Ek besef ook maar alte goed dat, sou ek laat slaplê, ek weer in my suikerverslawing sal verval.

Die goeie nuus is egter: Die verslawing is beheerbaar, en onder die meeste van omstandighede is dit regtig nie vir my moeilik om daarby te hou nie.

Ek kyk nie vir een oomblik terug nie, wat kos aanbetref, is Banting die beste ding wat met my gebeur het. Ek is nie meer kosverskrik, skaalverskrik, wat-ookal verskrik nie. Ek is nie meer heeldag honger en moeg nie en voel ‘n ander mens.

Ek sien en hoor nie meer die doemprofete wat my daarteen gewaarsku het, of hulle wat hulle neuse daarvoor opgetrek het nie. Banting werk vir my en my dokter is meer as tevrede met my gesondheid.

Of Banting volhoubaar is? Drie jaar Banting tel darem sekerlik as volhoubaar? Die doemprofete het gesê nie langer as ses maande nie! Welllll … mmm … grinnik … Hiehaaa!

Steeds kan ek net namens myself praat en kan ek nie waarborg dat dit vir enige ander persoon sal werk nie, en steeds beveel ek aan: Doen dit in samewerking met jou dokter.

HAPPY BANTINGVERSARY!

Toortsie

 

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge and tagged . Bookmark the permalink.

18 Responses to Bantingversary

  1. Knap gedaan, dankie dat jy jou reis met ons deel. Hier in Polkwane is vier van ons wat nou bant Toortsiestyl, en dis lekker! Beste wense.

    Like

  2. travel460 sê:

    Dis ñ lang pad wat jy gestap het! Selfs tussen die op en af tye het jy deurgedruk. So baie geluk, Toortsie!

    Liked by 1 person

  3. My conrgatulations, dear Toortsie! Great photo! For the Vogue cover! All the best to you! Remain as fabulous as you’re! 🙂
    Best wishes,
    Maria

    Like

  4. Chrisna Junius sê:

    Welgedaan! Dis altyd so lekker om jou boek as ‘n dankie geskenk agter te laat by die gasvrou waar ons oor gebly het – so ‘n lekkerte vanuit my omgewing. Hoop ons sien binnekort ‘n opvolg?

    Like

  5. Baie geluk,Toortsie! Ek haal my hoed vir jou af dat jy so kon deurdruk.Ek was ‘n week van suiker af….lol! Dis wraggies ‘n verslawing!

    Liked by 1 person

  6. You go girl! Baie geluk met you versary.

    Liked by 1 person

  7. Fantasties Toortsie, jy kan met rede jouself op die skouer klop.

    Liked by 1 person

  8. Kameel sê:

    Welgedaan Toorts…. jy het die stryd oorwin.

    Liked by 1 person

  9. aj vosse sê:

    Geluk!! Dis nie meer ‘n uitdaaging nie… dis die pad na oorwinning! 💥⚡️
    (Ek dink jy sal my pos vandag geniet! LCHF WERK!!) 😉 😀

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s