Ou spore herloop

Vandag kry ek toe die geleentheid om weer op my ou spore te loop, 17 jaar se spore wat ek geloop het.

My man moes gou aangaan op die plaas waar ons gebly het. Ek besluit om uit te klim en ‘n bietjie rond te kyk en te sien wat nou daar aangaan.

Dis verskriklik bekend. Dieselfde paadjie. Dieselfde hek. Dieselfde ronde klippies.

Die nuwe eienaars het die huis omskep in ‘n gastehuis, regtig mooi. Die tuin lyk nog baie soos voorheen. Hul het dit swembad gerestoureer en omskep in ‘n lieflike kuierplek.

Ek loer deur die vensters en sien vir Ragel, wat jare gelede by my gewerk het. Blye weersiens! Sy wys vir my die huis. So verskriklik bekend; so nuut en vars.

My hart is rustig. Daar is ‘n tyd vir alles: ‘n tyd om te kom, ‘n tyd om aan te stap. Dis sulke tyd.

Ek is dankbaar dat die nuwe eienaar die huis so mooi gemaak het, die oudheid daarvan bewaar.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

19 Responses to Ou spore herloop

  1. Kameel sê:

    Dit lyk voorwaar pragtig. In ons land sien ons hoe dinge agteruitgaan…. dit moet lekker wees om die teenoorgestelde te sien.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Dis ñ pragtige huis en tuin, Toortsie. Wonderlik dat jy die geleentheid kry om ñ stukkie van jou verlede te kan inneem, en dit in die hede te ervaar.

    Liked by 1 person

  3. Mooi. Dit lyk gesellig en straal ‘n warm atmosfeer uit.

    Like

  4. Daai stoep kamer roep my.

    Liked by 1 person

  5. puppy1952 sê:

    Dit lyk fantasties. Baie mooi.

    Like

  6. Sjoe dit lyk pragtig,Toortsie!

    Like

  7. So lekker dat dit positief was.
    My terug stap was meestal so negatief en seer, dat ek bang is vir die terug stap op my spore. Veral wat woonplekke aanbetref.
    Pragtige huis.

    Like

  8. seegogga sê:

    Nouja end goed alles goed. En jy het mos noy self n pragtige gastehuis, ne?

    Liked by 1 person

  9. Pragtige fotos veral van jou en Ragel.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s