Hello Karoolsie!

Ek het 'n nuwe Karoolsie in die huis. Kyk bietjie hoe lyk hy. 😁


Is hy nie net allerpragtigs nie? So met al die mooie kleure waarvan ek almal hou! Polkadot en al. Ag, ek is mal oor hom en hy kom al die pad van Bali af!

'n Vriendin wat saam met my in die kerk sing, vertel my toevallig dat sy op pad is Hartebeespoortdam toe en ek sê, gaan kyk bietjie of jy vir onse Una raakloop.

Sy doen dit sowaar!

En toe kom Karoolsie saam terug al die pad tot hier. Van Bali af, via Harties, tot aan die Suidpunt van Afrika!

Dankie, dankie, dankie, Una! Dis my heel spesiaalste Karoolsie wat ek het! En dankie vir my vriendin wat dit al die pad saamgebring het.

Ag, hy is dierbaar, Hy moet net nog net kan praat ook!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

23 thoughts on “Hello Karoolsie!

      1. Ja!!!! Karoolsie die polka dot wenner van die tour de france gebore in Bali wat na Suid Afrika geimmigreer het, en sy tuiste in die Kaap by Toortsie gemaak het. Hy word deur Una gesponser, en sien uit na ‘n goue toekoms in die mooi land.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord