Hello Karoolsie!

Ek het 'n nuwe Karoolsie in die huis. Kyk bietjie hoe lyk hy. 😁


Is hy nie net allerpragtigs nie? So met al die mooie kleure waarvan ek almal hou! Polkadot en al. Ag, ek is mal oor hom en hy kom al die pad van Bali af!

'n Vriendin wat saam met my in die kerk sing, vertel my toevallig dat sy op pad is Hartebeespoortdam toe en ek sê, gaan kyk bietjie of jy vir onse Una raakloop.

Sy doen dit sowaar!

En toe kom Karoolsie saam terug al die pad tot hier. Van Bali af, via Harties, tot aan die Suidpunt van Afrika!

Dankie, dankie, dankie, Una! Dis my heel spesiaalste Karoolsie wat ek het! En dankie vir my vriendin wat dit al die pad saamgebring het.

Ag, hy is dierbaar, Hy moet net nog net kan praat ook!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

23 Responses to Hello Karoolsie!

  1. Amazing guy! I like his boots! 🙂 🙂 🙂

    Like

  2. Ag hy is sooo skatlik!

    Like

  3. travel460 sê:

    Sy vrinne wat nog in die winkel rondstaan gaan bly wees om te hoor hy het tuisgekom.🌹 Sal hulle môre oggend sy fototjie wys.

    Liked by 1 person

  4. Kostelike mannetjie. Is soos jy sê hy moet nog net praat! Ek is seker jy praat elke keer met hom as jy hom sien.

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    Hy laat my dink aan Warren Barguil wenner van die polka dot trui in die Tour de France. 🙂

    Liked by 1 person

  6. Ek is sommer groen van jaloesie!

    Like

  7. Olga sê:

    Ek hoop nie hy vreet jou uit die huis nie. 😉

    Like

  8. Ek is ook dol oor die kleurvolle outjies. Geniet

    Like

  9. Gelukkig kan jy hom nie slag en n gereg maak vir die Toortsie banting boerekos 2 nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s