Werk het baie aspekte

Eerstens was ek nog altyd dankbaar dat ek ‘n werk het, ongeag of dit lekker of sleg is, ek het ‘n werk en daaroor is ek bly.

Ek het ‘n vreemde werk. Ek werk gedeeltelik vir my self, maar eintlik vir ons boerdery, eintlik vir my man. Vreemd. Sommige van die werk is lekker, ander is net werk, ander is roetiene, en hierdie Toorts was nog nooit goed met roetienewerk nie.

Ek besef nou dat die manier wat ek dit nog altyd oorleef het, was om ‘in te haal’. Terwyl ek met een ding besig is, raak die ander agter, dan moet ek weer daardie ding inhaal, dan raak nommer drie en vier en vyf agter, en sou dit lyk of ek amper op datum is, is dit tyd vir vakansie hou! Solank dit net nie eentonig raak nie!

Intussen probeer ek sedert die begin van hierdie jaar aftree, maar kry dit nog nie reg nie! My werk meng in met my persoonlike lewe!

Vandag was daar ‘n minder lekker aspek van my werk. Om die waarheid te sê, deesdae gee ek nie meer om hiervoor nie, my goed is mos darem in plek, of so ampertjies! Departement Arbeid het my besoek. SUG.

Ag, dit het maklik gegaan. Ek het my papiere reg gehad en dit was regtig ‘n vriendelike man om mee te werk. Daar die eerste keer wat ek jare gelede die brief gekry het: Departement Arbeid kom my volgende week besoek was ANGSWEKKEND. Ons het dieselfde tyd ons eerte dieseloudit ook gekry. Dis om van te bewe!

In ‘n toestand van angs en bewing het ek ons ouditeur en ook ons arbeidskonsultant gebel. Die ouditeur het gesorg vir wat nodig is en die arbeidskonsultant het raad gegee, en voor ek my kom kry, was alles reg en gedoen. Nou is dit ‘n kwessie van goedjies afmerk, binne ‘n halfuur is dit verby.

So, ek dink ek mag nou maar vir die res van die middag op my rug loop lê en RUS. Toets geslaag.

O nee, ek kan nie, ek moet vir die man ‘n paar goedjies e-pos! Laat ek dit dadelik doen!

Baai!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to Werk het baie aspekte

  1. travel460 sê:

    Goeie dag se werk agter die rug. Laat waai met daai e-posse, en geniet jou ruskans…as jy nie eers weer iets anders vind om te doen nie, Toortsie.xx

    Like

  2. Sug… dis soos skoolinspekteurs in die ou dae… angswekkend al het jy jou beste gegee het

    Like

  3. Ek geniet jou leesstof vreeslik. Jou skryfstyl is uniek en altyd maklik en lekker om te lees. Dankie dat jy so ‘n lekker stukkie deel.
    As ek nou jou foto’s kyk lyk jy altyd vir my na iemand wat hou van avontuur en glad nie roetine nie.
    Ek geniet werk vreeslik en is altyd dankbaar dat ek ‘n beroep kan beoefen waarvan ek hou, en waarin ek goed is, ek dink dit is altyd ‘n groot positiewe punt in my lewe.
    Lekker aandjie

    Like

  4. Kameel sê:

    Daar is ‘n tyd vir alles…. so sê Salomo 🙂

    Like

  5. Olga sê:

    ” op my rug loop” kyk my oe is nog nat want daarna kon ek op niks behalwe die prentjie konsentreer nie.

    Klink so bekend. Ek is ‘n ter elfde uur mens.

    Elo Sally.

    Liked by 1 person

  6. ” I never put of something till tomorrow what I can only do next week” Garfield

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s