Toortsie gaan verdwaal!

Toortsie raak al hoe meer waaghalsig met haar toerdery! In die laaste paar dae het sy haar gaan ingrawe in Wolmaransstad, maar ook in Pretoria!

Daar het die Liewe Vader behoorlik gesorg deurdat ons ‘toevallig’ by ‘n gastehuis gaan bly het, die All Season Gastehuis in Moreletapark. Maar weet julle wat? Gastehuis is maar net ‘n uitvloeisel van daardie mense se werk. Eintlik hou hulle verslankingskampe of so iets, maar waarop dit neerkom, mense wat gewig wil verloor, boek by hulle in, stap heelwat maerder daar uit, maar Bant dan sowaar! En net daar kom Toortsie in die prentjie, want WAT GAAN ONS KOOK AS ONS BY DIE HUIS KOM???

Maar dis nie die einde van die verhaal nie! Toortsie gaan nou sowaar Polokwane toe! Weet julle waar dit is? Blykbaar was Pietersburg glo jaaare gelede daar. Dis vrek ver van waar ek woon! Erg noord! Klink vir my baie naby aan Botswana, as ek mooi dink.

Maar, ou Toortsie sal haar pad vind, dit weet ek, en ek is baie dankbaar vir blogmaats wat hulle winkels oopstel vir haar. Gaan soek jou Toortsie by LEKKER FIREPLACES BRAAIS EN DEKORAg man, as jy dan nou jou Toortsie daar loop haal, koop sommer vir jou ‘n lekker braai ook!

Man, ek is vreeslik opgewonde!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

16 thoughts on “Toortsie gaan verdwaal!

  1. Jou vriendin en haar ma het vanoggend kom kuier. Sy is ñ pragtige mens! Het haar getuienis gehoor, en is regtig gebless deur hulle inloer. (het vir jou ñ stukkie Bali saamgestuur)

    Like

  2. Groot opwinding le vir Toortsie voor, bly vir jou. Hou die Kaap se naam hoog daar in die Noorde. Moet asb nie gekaap word nie, jou ooskus plekkie wag. Stunning foto

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op lekkervurig Kanselleer antwoord