Om soos iemand anders te probeer wees

Kyk, ons kan probeer so hard soos ons wil om soos iemand te wees, om iemand na te maak, maar al die beste pogings in die wêreld kan ons nooit daardie persoon maak nie.

Toe ek vanoggend Openbaring 13:11-18 lees oor die dier uit die aarde, kon ek nie anders dink as dat die ou duiwel maar sy hele lewe lank nog altyd probeer om soos God te wees, of soos Jesus te wees. Eers het hy gerebelleer in die hemel en is hy en sy hele gevolg uit die hemel geboender, net homdat hy probeer het om God te wees.

Só gaan dit nog al die jare aan, hy probeer God wees. Hy maak Hom na, hy verlei mense, enige ding sodat hulle eerder vir hom sal volg as vir God.

In die stukkie in Openbaring oor die dier van die aarde sien ek ‘n hele paar pogings om vir Jesus na te maak:

  1. Hy lyk soos ‘n lam, maar sy stem gee hom weg. Hy gee voor hy is die Lam, maar is dit nie.
  2. Hy doen allerhande tekens, soos vuur wat van die hemel af op die aarde kom.
  3. Die dier met die litteken staan uit die dood uit op.
  4. Net soos wat die Christene die merk van Christus op hulle het (Openb 9:4), word sy volgelinge ook gemerk.
  5. Hy na-aap selfs die 777, die heilige drie-eenheid, maar kry dit nie reg nie, met 666.

Ons moenie ons laat mislei en iemand volg wat probeer om die Ware Een na te aap nie, dis nie nodig nie. Ons mag die Ware God volg, wie die vyand reeds oorwin het. Geen namaaksels is nodig nie.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

7 thoughts on “Om soos iemand anders te probeer wees

Gesels saam, asseblief!