Voëlvergadering

Weet iemand of daar dalk ‘n voëlvergadering iewers is vandag? ‘n Seevoëlvergadering? Alle voël vergadering?

Ons is by die see en hier vlieg ‘n swerm voëls verby. Swerm is nie die regte woord nie. ‘n STROOM voëls verby. Amper soos ‘n seestroom. Dit hou net aan en aan en aan. Swart voëls en wit voëls.

Hulle vlieg met ‘n doel, almal in ‘n westelike rigting. Dis nie dat hulle besig is om vissies te vang nie, ek weet hoe dit lyk. Dis soos ‘n ry skoolkinders wat verby loop.

Maar tipies, is hier ‘n lot stoutes ook by. Die ander is nou verby en hulle hang nou hier reg voor ons, vang vis! ‘n Klomp wittes en so 10 swart voëls. Wag tot die prefekte julle sien! Julle gaan in groot moeilikheid wees! Die voëlprefekte is baie kwaai en as hulle julle uitvang, hang hulle julle aan julle stertvere aan Telkomdrade op en dan droog julle daar uit tot julle biltong is!

Ek wonder darem, waaroor sal die vergadering gaan? Wie sal weet?

Lyk my nie kransduiwe hoef die vergadering by te woon nie, of anders kruip hierdie 4 dalk weg! 😱

Groetnis,

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

34 thoughts on “Voëlvergadering

    1. Nou geen voël in sig nie, net so een of twee ‘bunkers’ wat beslis die vergadering mis.
      In Desember is daar altyd so een dag wat die dolfyne ook met ‘n missievin een rigting swem. Die dolfynvergadering is dan seker in Desember?

      Like

  1. Het jy gesien of hulle tasse by hulle het? Dit klink vir my na immigrasie na ‘n ander land. Na al die brande en droogte en dinge in ons land soek hulle beter weivelde…. dink ek.

    Liked by 1 person

  2. Nou goed ek het die antwoord. Effens aangepaste weergawe van Michael W Smith se lied:
    Go west young bird
    Go west young bird
    When the evil go east
    Go west young bird
    Go west young bird
    Find a heart that’s golden

    Like

  3. En die Pet Sop Boys se mening:

    (Go West) Life is peaceful there
    (Go West) In the open air
    (Go West) Baby you and me
    (Go West) This is our destiny
    (Go West) Sun in wintertime
    (Go West) We will do just fine
    (Go West) Where the skies are blue
    (Go West, this is what we’re gonna do)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord