Voëlvergadering

Weet iemand of daar dalk ‘n voëlvergadering iewers is vandag? ‘n Seevoëlvergadering? Alle voël vergadering?

Ons is by die see en hier vlieg ‘n swerm voëls verby. Swerm is nie die regte woord nie. ‘n STROOM voëls verby. Amper soos ‘n seestroom. Dit hou net aan en aan en aan. Swart voëls en wit voëls.

Hulle vlieg met ‘n doel, almal in ‘n westelike rigting. Dis nie dat hulle besig is om vissies te vang nie, ek weet hoe dit lyk. Dis soos ‘n ry skoolkinders wat verby loop.

Maar tipies, is hier ‘n lot stoutes ook by. Die ander is nou verby en hulle hang nou hier reg voor ons, vang vis! ‘n Klomp wittes en so 10 swart voëls. Wag tot die prefekte julle sien! Julle gaan in groot moeilikheid wees! Die voëlprefekte is baie kwaai en as hulle julle uitvang, hang hulle julle aan julle stertvere aan Telkomdrade op en dan droog julle daar uit tot julle biltong is!

Ek wonder darem, waaroor sal die vergadering gaan? Wie sal weet?

Lyk my nie kransduiwe hoef die vergadering by te woon nie, of anders kruip hierdie 4 dalk weg! 😱

Groetnis,

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

34 Responses to Voëlvergadering

  1. travel460 sê:

    Ag te lekker by die see! Laat weet as jy agterkom waarheen ‘almal’ oppad is.🌺

    Like

  2. Kameel sê:

    Het jy gesien of hulle tasse by hulle het? Dit klink vir my na immigrasie na ‘n ander land. Na al die brande en droogte en dinge in ons land soek hulle beter weivelde…. dink ek.

    Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    Gaan kyk by die wrak. Diw voelvergadering is daar. Nog nooi so baie daar gesien nie. Duisende!

    Liked by 1 person

  4. seegogga sê:

    Diw klippe is SWART VD VOELS

    Like

  5. Dalk vlug hulle vir die koue weer, vloedreën en sneeu wat voorspel word . Voëls en diere voel sulke veranderinge aan.

    Liked by 1 person

  6. Wintervergaderings … polities gedrewe dink ek!

    Like

  7. Klink soos duikers (cormorants).Hulle is geneig om dit te doen.Daar aan Namibië se kus,vlieg hulle in duisende op en af langs die kus.Die natuur is darem wonderlik!

    Liked by 1 person

  8. Olga sê:

    Hou seker lekgotla om nuwe president te kies. Die vier stokkiesdraaiers is dalk kandidate vir die prostedotskap.

    Like

  9. Hoop net hierdie vergadering het positiewe gevolge in die toekoms van voelland.

    Like

  10. Nou goed ek het die antwoord. Effens aangepaste weergawe van Michael W Smith se lied:
    Go west young bird
    Go west young bird
    When the evil go east
    Go west young bird
    Go west young bird
    Find a heart that’s golden

    Like

  11. En die Pet Sop Boys se mening:

    (Go West) Life is peaceful there
    (Go West) In the open air
    (Go West) Baby you and me
    (Go West) This is our destiny
    (Go West) Sun in wintertime
    (Go West) We will do just fine
    (Go West) Where the skies are blue
    (Go West, this is what we’re gonna do)

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s