Om ‘n boek uit te gee, is ‘n groot storie

Ek dink nie ek het dit besef nie! Om ‘n boek uit te gee, is ‘n groot storie! Ek dink ek besef dit nou eers 18 maande nadat ek my eerste boek uitgegee het.

Sien, my kop werk mos maar nie aldag soos die algemene koppe werk nie.

Eerstens was dit mos nooit vir my ‘n iets van belangrikheid dat my NAAM op ‘n BOEK se VOORBLAD moes verskyn nie. Vir my was dit eerste uitdaging daarin of ek dit sal regkry om ‘n e-boek aanmekaar te sit, ongeag of IEMAND dit koop of nie. Ek wou sien of ek dit sal regkry om al die materiaal bymekaar te kry, dit op die rekenaar te kry, die buiteblad, en, en, en alles wat daarmee saamgaan. Die editing. Sou ek dit regkry om dit op die internet gelaai te kry op die regte plek in die regte formaat?

Helaas, ek het dit nou nog nie reggekry nie!

Want sien, ek vermoed die lêer is te groot. Die program waarop die boekuitlêer Toortsie se Bantingboerekos gedoen het, hét die funksie om ‘n dokument om te skakel in e-boek formaat, maar nee, net solank dit nie Toortsie se Bantingboerekos is nie.

Deel van die uitdaging was die foto’s en die drukkers.

Toe, 16 Desember 2015, staan ek sowaar met ‘n regte Toortsie in my hand.

En nou?

Ek was mos SLIM, ek wou mos nie ‘n PUBLISEERDER gebruik nie, omdat ek BANG was hulle keur dit af of hulle sê iets leliks en my ego’tjie was tog so verskriklik BROOS.

En net daar lê Uitdaging nommer 2: Hierdie boeke moet VERKOOP word. Soos in REGTIG VERKOOP WORD, want ek het baaaaaie geld uitgehaal om hierdie boekie daar te kry, regte geld.

Kyk, die opbou van opwinding voor die tyd was maklik, dalk nog die week of twee daarná ook, maar hoe nou gemaak? As iemand ‘n Toortsie gekoop het, het hy hom mos gekoop. Dis nie soos pille wat opraak en volgende maand het hy wéér ‘n Toortsie nodig nie!

So het ek maar aangepiekel en gespeel, tot my nefie eendag baie trots vir sy meisie sê: ‘Weet jy, my tannie doen alles self: Die publiseer van die boek, en nou ook die bemarking daarvan.’ Raai, en toe dink ek by myselwers, dis sowaar waar en ek dink nie ek het ‘n vrot job gedoen nie! (Skaam voel ek nou, maar ook eintlik baie trots. Die Here is vir my baie goed!) Ons is 1700 Toortsies verder en sy loop steeds mooi, in Afrikaans én in Engels! Sjoe! Man, dis lekker!

Nou, met boek twee, besef ek, mense, dis jollie baie werk, hoor! In plaas van bedside reading doen ek bedside writing. Dis fotograwe en stiliste en bladuitlêers en barcodes (o shucks, ek moet vandag ‘n barcode kry!), en drukkers.

Ag, ek speel lekker!

Groetnis

Toortsie

(Verskoon, vandag is hier en daar ‘n Engelse woord ook by. Sorrie! Sallieweerie!)

To all of you I want to say: Do not bury your talents; take that first step and follow your dreams! Yes, you can!

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Boeke en flieks. Bookmark the permalink.

18 Responses to Om ‘n boek uit te gee, is ‘n groot storie

  1. Wat ‘n heerlike stuk lees, sjoe, jy is al ver op jou droompad, myne is nog net ‘n droomeier, ek dra hom nog in my hart! Dankie vir deel, jy moedig mens aan om te glo dit kan dalk tot uitbroeiery lei!

    Like

  2. seegogga sê:

    Mooi Toortsie! En as jy klaar hierdie groot boek uitgegee het, maak jy asb myv boekie ‘n e-boek. En jy word n uitgewer!

    Like

  3. travel460 sê:

    My oë is groot as ek so na jou luister. Dit wil gedoen wees! Ek stem saam, jy is ñ inspirasie vir enige een wat droom oor boek skryf, en uitgee.

    Like

  4. Kameel sê:

    Miskien harde werk maar dit is vervullend en lekker!!

    Like

  5. Gmf… Toortsie kan!!! 😊

    Liked by 1 person

  6. Nikita sê:

    Dankie vir die deel van jou boek. Ek het net ‘n begin begin maak met een wat ek wil uitgee oor gedigte, maar ai, die tyd! Ek het net nie die tyd nie en het so te se opgegee. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s