Uit ons lewens sny

Ewe skielik lees ek orals blogs raak van mense wat aan die een kant voel dis beter om ongemaklike mense uit hul lewens te sny, en aan die ander kant, blogs waar mense ongekende trauma ervaar oor hulle uit mense se lewens gesny is.

In die kitskultuur waarin ons leef, is dit die maklikste opsie: As iemand nie 100% dink of leef of optree soos ons daarvan hou nie, sny hulle uit ons lewens uit.

Ek wil skree daarteen. Mense, dis nie wat God van ons verwag nie! Die lewe gaan nie om ek en myself nie, maar oor ons. Dit gaan daaroor dat ons mense sal liefhê met hulle foute en al en as daar verskille is, dat ons moeite sal doen om dit reg te maak.

Natuurlik moet ongerymdhede aangespreek word, foute wat ons maak, uitgewys word in liefde sodat ons op die ou end weer bymekaar kan kom en kan groei in ons verhouding.

Natuurlik gebeur dit dat vriendskapoe soms nie werk nie omdat mense uiteenlopend is. Ons is nie vriende met elke tweede persoon nie.

Dis egter vir my hartverskeurend as gesinne uit mekaar geskeur word en soveel keer gaan dit oor misverstande of sommer net hardkoppigheid, oor gebrek aan empatie of gewoon selfsugtigheid. Soveel keer probeer mense regtig regmaak, maar die ander wil dit net nie raaksien nie, omdat die mure om die hart te hoog gebou is.

Soveel ouers huil oor hulle kinders wat nie by hulle kom nie, terselfdertyd huil daardie selfde kinders omdat hulle na hul ouers verlang.

Daarom vra ek jou, voor jy te maklik jou rug draai en aangaan met jou lewe, dink baie mooi. Jy gaan dalk dink dat jy nou vrede het, maar in jou hart kan jy nie vrede hê nie, want waar ‘n deel van die liggaam swaar kry, kry die hele liggaam swaar.

Ek wil net sê, ek probeer regtig. Ek weet dit werk nie altyd nie.

Daar ís ook ‘n siekte genaamd gebroke hart sindroom.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

22 thoughts on “Uit ons lewens sny

  1. Liewe Toortsie – as goed nie werk nie, werk dit nie. As jy op jou kniege bid en vra en jy probeer jou bes, en die anner party wil nie, moet jy op ‘n stadium aanloop en net bly bid die tyd loop nie uit nie. Soms is berusting en aanvaarding ook die les.

    Liked by 1 person

  2. Ek se, dis net my eie opinie en dit werk vir my – as iemand my siel besoedel met hul skinner, jalousie, optrede of houding dan kies ek om nie meer met hulle te vermy nie.
    Ek besef egter dat niemand sonder n rede in jou lewe is nie, ek se latyd al my harts vriendinne het iets in hulle wat my OF meer soos hulle wil laat wees of IETS wat my minder soos hulle wil laat wees.

    Liked by 1 person

  3. Nooit maklik waar mense met hul uiteenlopende karakters en sienswyses by betrokke is nie. Van ons kant af moet ons egter die vrede probeer bewaar….. en as die ander party nie wil nie terugstaan en bid. Nie ‘n maklike een die nie.

    Liked by 1 person

      1. Presies. Sowat 35 jaar gelede sny my man se broer sy hele familie netso af. Niemand weet wie het wat verkeerd gedoen nie. Aan die begin het my skoonouers, my man en sy suster probeer kontak maak…. maar van sy familie se kant af wou hulle niks weet nie. Toe sommer so uit die bloute verlede jaar verander alles… hulle bel… en hul huis aan die Suidkus is weer oop vir ‘n kuier…. maar hulle verduidelik glad nie die rede vir hulle optrede nie. Ek skud net my kop in verwondering oor sulke gedrag.

        Liked by 1 person

  4. As familielede mekaar ‘uitsny’ is dit dikwels omdat hulle nie die waarde en kortstondigheid van die lewe besef nie. Dit is n verloor-verloor siruasie en is vir niemand opbouend nie. Bloed is dikker as water. Selfs as d persoon bv ‘n dwelmprobl het,;kan jy hom d huis belet tensy hy nugter is. ‘n Saak het 2 kante. Ja, moeilike saak. Jou geloof moet jou lei.

    Liked by 1 person

  5. As jy heelwat ouer raak, en jou kinders is al volwassenes en uit die huis uit, kom daar ñ nuwe dimensie van insig te voorskyn. Jy sien en hoor ietwat anders. Daarom dat ons met alle mag sal probeer keer dat ons kinders skei. Die seer wat ñ ouer ervaar as sy kind se huwelik misluk, verdubbel amper. Want die aangetroude kind wat jy verloor, het deel van jou hartslewe geword. Om nie eers te praat oor hoe jy oor die kleinkinders se situasie voel nie. Soms weer ‘gebeur die lewe’ en kinders draai weg van jou as ouer. En neem jou kleinkinders saam. Nooit sal enige iemand daardie soort pyn kan begryp nie. Jy bly as ñ gestremde agter, in elke opsig. Jy praat so reg, Toortsie. Die seer wat agterbly as mense mekaar uit hul lewens sny, is soms hartverskeurend. Die mens wat agterbly, die een wat nie die keuse gemaak het nie, daardie een lei gewoonlik die meeste. Ek is self jare gelede deur ñ egskeiding, so ek verstaan die redes daarvoor. Tog. Vandag besef ek waardeur my skoonouers is. Noudat ek ook sekere trauma ervaar met my eie kinders, ruk my siel oor daardie besef. Die verlate gevoel wat dit teweeg bring. Daar is sekere seer wat net nie ‘gecontain’ kan word nie. Dit verwoes ons binnekante. Veral as die keuses gebasseer word op onkunde, leuens, selfsug, misverstande. Mag ons altyd dieper dink, dieper kyk, dieper voel, en God smeek om ons ñ gees van vergifnis te gee vir mekaar te gee.

    Liked by 1 person

  6. Dit bly maar ‘n moeilike onderwerp. Ekself het my gedistansieer van familie lede en het baie meer vrede in my lewe as gevolg daarvan. Maar daar is christene (vir wie ek baie respek het) wat voel dit is onvergewensgesind van my. Ek het nie al die antwoorde nie, maar ek weet net ek cope beter sonder hierdie persoon se giftige insae in my lewe.

    Liked by 1 person

      1. Dankie Toortsie. Ek weet jy doen. Ek lees al ‘n geruime tyd jou blogs en het nog nooit oordeel opgetel nie. Ek weet eintlik nie wat vorentoe le nie. Ek het net op ‘n plek gekom waar my eie emosionele oorlewing daarvan (om bande te breeek) afgehang het .

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!