Pendelry

Pendelry het sy dinge. Soms is dit lekker, soms is dit te erg.

Wanneer ek by die huis is, is dit lekker, voel ek, ek is by die huis. Die huis het sy eie bekoring en rustigheid en harde werk.

Kom ek in die Suid-Kaap, is daar die bekoring van die plaas en die berge en die beeste. Ek doen my kantoorwerk met ‘n passie en haal in op agterstallige werk soos lank laas. Eintlik  ‘kamp’ ons as ons daar is, ons maak vuur en maak pot in die ou houtstoof.

Die Klein-Karoo het weer ‘n ander bekoring. ‘n Karoovuur brand net anders.  Laatnag ry ons ‘n draai en sien die mooiste wild en selfs gemsbokke. ‘n Belewenis op sy eie.

Alles klink idillies, maar is nie altyd so maklik nie. Jou eie geestesinstelling moet reg wees. Elke plesier vra sy eie opofferings.

Mense, dis verskriklik droog by ons. Dis kritiek droog. Dis verby kritiek droog. Ek wil graag hê julle moet weet.

Groete

Pendeltoortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

8 thoughts on “Pendelry

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s