Ek en oom Petrus

Ek sê mos altyd ek aard na Petrus in die Bybel. Net so impulsief soos hy. Doen eers, dink later.

Gisteraand by die bybelstudie behandel ons Johannes 21:1-22 uit As Jesus in jou lewe instap, deur Jaco Thom.

Die dissipel was bymekaar, Petrus kry lus vir visvang en hulle vat toe die skuitjie en gaan probeer visvang, die hele nag lank. Iemand herken vir Jesus op die wal, Petrus trek gou vinnig sy klere aan en spring in die meer terwyl die ander agterbly op die skuit. Hy help weer toe hulle met die skuit vol visse aan wal kom.

Jesus vra hom drie keer of hy Hom liefhet, en Petrus bevestig dit elke keer, soveel so dat hy later al hartseer is. Hulle verhouding word deur hierdie gesprek herstel.

Een van die vrae in die boekie is: ‘Hoekom het Petrus in die water gespring toe hy hoor die Here is daar?’

Presies hoekom, sal ons seker nooit weet nie, maar ek herken weer eens sy impulsiwiteit. Hy sien sy Goeie Vriend op die wal staan, hy wil so gou as moontlik by hom kom.

En dan, as Petrus enigsins na MY aard (genade, Toortsie!), as dit wel so is dat ons baie dieselfde geaardhede het, as al hierdie gawe-toetse en persoonlikheidstoetse en watter toetse ook nog wat almal daarop dui, waar is, dink ek só:

As ons ‘n fout gemaak het, voel ons verskriklik sleg daaroor. Alhoewel ons dalk maklik oordeel of iets eg is of reg is, is ons nog méér veroordelend en streng op onsself. As onsself ‘n fout maak, kry ons báie swaar en kan dit vir ons baie lank neem om onsself te vergewe en dit uit ons gestel te kry. Ons wil verskoning vra en weer en weer en weer, totdat ons in ons harte gerus voel daaroor. Ek wonder of hy nie so gou as moontlik by Jesus wou uitkom, voor die ander by is, en net vir Hom gesê het: ‘Ek is jammer. Ek is Jammer. Ek is JAMMER. EK IS JAMMER. EK IS JAMMER, JAMMER JAMMER!‘ nie.

Ek wil dit sommer byvoeg oor ons skuldigvoelery: Ons voel maklik skuldig, selfs al het ons dalk net ‘amper’ verkeerd gedoen. Ons vra maklik om verskoning en bedoel dit. Ons sal so gou as moontlik probeer regmaak, selfs al word dit in ons gesig teruggegooi. Ons sal aanhou en aanhou probeer. TOT OP ‘N PUNT. As ons in ons hart weet ons is onskuldig, dan kan ander ons nie onbeperk druk tot in die skuldigvoelhoekie nie.

Petrus het REGTIG skuldig gevoel. Sleg gevoel. Hy wou regmaak.

Jesus het Hom geken. Het sy verskoning aanvaar. Het vir hom 3 keer gevra of hy Hom liefhet, en saam met dit het Hy hom toevertrou met ‘n opdrag: ‘Laat my lammers wei.’ ‘Pas my skape op.’ ‘Laat my skape wei.’

God se genade is groot.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

6 Responses to Ek en oom Petrus

  1. travel460 sê:

    Vandag lekker hier kom lees, Toortsie. Nodig gehad om saam met jou en Petrus te kuier.

    Liked by 1 person

  2. Toortsie sê:

    Hoop nie hy wys my eendag weg by die Groot Hek nie! 😱 Net omdat ek so laf is nie! Terloops, ek dink hy het ‘n lawwigheidjie aan hom ook gehad. 😁

    Like

  3. dromer777 sê:

    Dis so mooi geskryf

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s