Seer uit jou kinderdae

Ek is tans vreeslik bewus van seer wat jy saamdra uit jou kinderdae. Ek hét al hieroor geskryf en sal in die toekoms seker nog baie hieroor skryf. Ek raak net al hoe meer bewus hiervan, ek kan nie help om dit op te merk nie en te besef dat hoeveel van die vreemde optredes of gedagtes wat ons vandag het, spruit uit seerkry uit ons kinderdae. (Dis vandat ek met Transformation Prayer Ministry te doen gekry het. )

Trommeltjies se pragtige bloginskrywing oor die vrou, het dit net weer eens bevestig.

Kleintyd gebeur dinge met ons, baie keer onskuldige dinge, maar ons interpreteer dit dalk verkeerd.

Kleintyd sukkel ons dalk al met ons gewig, omdat ons verkeerde kos in die huis gevoer word, en ons begin glo ons is vet of lelik of wat ook al. Of ander kinders maak in hulle onkunde ‘n verkeerde opmerking wat veroorsaak dat jy iets heeltemal verkeerds begin glo.

Jy doen dalk akademies nie heeltemal so goed soos jou broer nie, hy sit dalk heeldag en leer, terwyl jy ‘n lewe ook het, en jy begin glo jy is nie so slim of oulik soos hy nie, terwyl jy eintlik nét so slim is.

Jou cute sussie met die lang vlegseltjies kry dalk om een of ander rede baie aandag, dalk het sy ‘n manier om aandag te trek en jy begin glo jy is maar die ou dowwe sterretjie, terwyl daar net mooi niks met jou verkeerd is nie.

Hierdie verkeerde dinge wat onsself glo, hierdie verkeerde interpretasies wat ons gemaak het, hierdie leuens wat ons glo, maak ons oorsensitief vir sekere dinge. Dit veroorsaak dat ons mense wat goed bedoel, se optredes selfs in ons volwasse lewe verkeerd interpreteer. Dit veroorsaak dat ons met ‘n verkeerde bril kyk en goeie bedoelings as agteraf, negatief, verkeerd of sleg ervaar.

Dit veroorsaak dat ons mense wat met sensitiwiteit optree, se optredes as onsensitief sien, omdat onsself oorsensitief is en waardes sit aan woorde waar daardie waardes nie was nie.

Daarom is dit so verskriklik noodsaaklik dat ons gereeld onsself afvra, hoekom kry ons so seer, hoekom word ons so kwaad, dat ons by die oorsaak, die bron van die seer uitkom, dat ons kan sien waar het ons al as kind die verkeerde interpretasie gemaak het, dat ons daardie leuen wat ons oor onsself glo, vir God kan gee sodat Hy vir ons waarheid kan bring.

Wanneer God vir ons waarheid bring oor die leuens wat ons oor onsself en ander mense glo, kan ons heel raak. Die wonder is dat, as daardie leuen uit die weg geruim is, ‘n hele reeks ander ‘probleme’ sommer ook in die niet verdwyn, net omdat dit verbind is met dieselfde leuen wat ons glo.

Kom ons raak eerlik oor onsself. Kom ons gee ons hartseer vir die Here sodat Hy ons kan heelmaak. Kom ons word heel mense.

You have the choice to be a passenger in life, or one who lives life to the fullest. Witch one is you? What do you choose?

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe, Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging and tagged , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Seer uit jou kinderdae

  1. The best and most beautiful things in the world cannot be seen or even touched – they must be felt with the heart. Helen Keller

    Liked by 2 people

  2. Dankie hiervoor, jy kan nie glo hoe van toepassing dit is op my eie lewe nie. Gelukkig het ek’n wonderlike terapeut gevind wat my laat besef het ek is oorsensitief. Dat ek moet luister wat gese word en nie luister na wat ek dink ek hoor nie. Ek sien dieselfde in my 11jarige dogter en dit maak my ongelooflik bang. Want sy is pragtig, talentvol, haar onderwysers praat net goed van haar gedrag. Dis asof sy nie besef he amazing sy eintlik is nie, en as ek dit vir haar se, glo sy dit nie. Ek moet gereeld daardie duiwel van selftwyfel van my skouer afklap.

    Like

  3. Die mens is kompleks en soveel dinge in ons en van buite af het n invloed in die ware hoor en sien.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s