Groot voorbereiding

Om’n nuwe resepteboek uit te gee, moes die resepte eerstens saamgestel word en oor en oor getoets word, verander word, verbeter word, geproe word totdat die outeur een honderd persent tevrede is met die smaak en tekstuur en samestelling van die kos.

Die neerskryf daarvan is natuurlik ‘n storie van sy eie, ook die oor en oor proeflesery om te verseker dat elke resep reg neergeskryf is, die bestandeele in die metode genoem word en die bestanddele wat in die metode genoem word, wel in die resep voorkom.

Daardie kosse moet weer eens alles gemaak word, sodat die fotograaf die foto’s op een of twee dae almal kan neem. Dit behels groot beplanning, selfs meer beplanning as wat die navorsing, toets en neerskryf van die resepte behels.

Daar moet kop gehou word. Watter geregte kan vooraf gemaak word? Onthou, alles word in een kombuis, op een stoof en in een oond gemaak. Watter kosse moet op die minuut gemaak word?

Dit behels die aankoop van die bestanddele. Alles moet vooraf beplan word, daar moenie te min goed gekoop word nie, maar ook nie te veel nie.

Wat is nodig vir versiering van die disse?

Het ons genoeg verskillende bakke en borde en wat nog om die kosse in te skep sodat elkeen uniek lyk?

Wel, ons is nou daar! En ons is opgewonde! Dit voel soos ‘n atleet wat alreeds in die wegspringblokke sit, die aankondiging was reeds, ‘op jou merke’, gereed. Die adrenalien hardloop, die hart klop, die bloed pols deur die are.

Opwindende tye. Hou vir ons duime vas!

Toortsie en die toetskombuisspan

Nuwe Bantingresepteboek in wording. Hou hierdie spasie dop!

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

19 thoughts on “Groot voorbereiding

    1. Dit wás nogals vandag ‘n duur uitstappie. Gelukkig word die kos mos nie vermors nie. Ek probeer só maak dat ons alreeds van dit kan eet vooraf, klein porsies word mos benodig vir die foto’s. waar moontlik probeer ek dit ook in kleiner hoeveelhede gaarmaak.

      Liked by 1 person

  1. Sterkte Toortsie. Hoop daar is kans om die hele oefening ook te geniet. Die lekker lê seker in die geniet van die resepteboek, eens als klaar gedoen is. Opwindend, sjoe.

    Like

    1. Ek geniet eintlik die hele reis. Elke stap is vir my ‘n uitdaging en as ek dit regkry, ‘n oorwinning.
      As ek dalk eendag ‘n paar rand hieruit maak, is dit ‘n bonus. In die proses leer ek geweldig baie en ontwikkel in my menswees.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!