Daar’s ‘n trein

Daar is sowaar ‘n trein by Matjiesfontein! Om die waarheid te sê, daar kom sommer gereeld een verby. 

Dit ís nogals ‘n belewenis om ‘n nag daar oor te slaap. Ek het eintlik nog altyd in my kop om een dag by die Kaap op die trein te klim, saam te ry tot by Matjiesfontein en die volgende dag weer terug. Sommer so ‘n lekker gesellige uitstappie saam met ‘n klomp pelle wat lus het. 

Dáár bly mens oor in die Lord Milner Hotel, word op ‘n kort bustoertjie geneem en jy ontmoet die spook van Matjiesfontein. Sing heerlik saam met die vermaaklikheidkunstenaar wat al sy liedjies met stokstywe vingers in F# maj, van alle toonsoorte, speel, glo omdat dit polities korrek is om op die swart note te speel! 




Die trein!

18 thoughts on “Daar’s ‘n trein

  1. John wat so lekker klavier speel. Ons was daar in Maart met Die Bloutrein. Ook nie ons eerste besoek daar nie.

    My seun het in April daar oorgeslaap in die ou trein en dit baie geniet. ShosholozaMeyl is jul beste opsie. Lees gerus by http://www.railloverevolution.blogspot.com

    On 27 Jun 2017 21:41, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    Toortsie posted: “Daar is sowaar ‘n trein by Matjiesfontein! Om die waarheid te sê, daar kom sommer gereeld een verby. Dit ís nogals ‘n belewenis om ‘n nag daar oor te slaap. Ek het eintlik nog altyd in my kop om een dag by die Kaap op die trein te klim, saam te ry “

    Like

Gesels saam, asseblief!