Daar is sowaar ‘n trein by Matjiesfontein! Om die waarheid te sê, daar kom sommer gereeld een verby.
Dit ís nogals ‘n belewenis om ‘n nag daar oor te slaap. Ek het eintlik nog altyd in my kop om een dag by die Kaap op die trein te klim, saam te ry tot by Matjiesfontein en die volgende dag weer terug. Sommer so ‘n lekker gesellige uitstappie saam met ‘n klomp pelle wat lus het.
Dáár bly mens oor in die Lord Milner Hotel, word op ‘n kort bustoertjie geneem en jy ontmoet die spook van Matjiesfontein. Sing heerlik saam met die vermaaklikheidkunstenaar wat al sy liedjies met stokstywe vingers in F# maj,
van alle toonsoorte, speel, glo omdat dit polities korrek is om op die swart note te speel!
Ja- nee
Dit klink na n blink idee
Ek dink mens sal lekker kan bruilof hou daar ook
Boek die hele Matjiesfontein vir die naweek en almal kuier lekker saam en hou makietie
LikeLiked by 1 person
Het jy trouplanne? 😁
LikeLike
John wat so lekker klavier speel. Ons was daar in Maart met Die Bloutrein. Ook nie ons eerste besoek daar nie.
My seun het in April daar oorgeslaap in die ou trein en dit baie geniet. ShosholozaMeyl is jul beste opsie. Lees gerus by http://www.railloverevolution.blogspot.com
On 27 Jun 2017 21:41, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:
Toortsie posted: “Daar is sowaar ‘n trein by Matjiesfontein! Om die waarheid te sê, daar kom sommer gereeld een verby. Dit ís nogals ‘n belewenis om ‘n nag daar oor te slaap. Ek het eintlik nog altyd in my kop om een dag by die Kaap op die trein te klim, saam te ry “
LikeLike
Ek het tog te lekker saamgespeel op die klavier! Duet! 😁 Tips nie gedeel nie!
LikeLiked by 1 person
Ag, jy het darem seker ‘n oulap verdien vir jou aandeel? 😀
LikeLike
Hy het belowe die tip word gedeel, maar helaas! 😁
LikeLiked by 1 person
Hahahahaha…..ek sal hom vasvat, sal binnekort die ou se blad gaan skud
LikeLiked by 1 person
Jy ry darrm net te lekker trein! 😁
LikeLiked by 1 person
Jy het maar geen idee hoe hard ek werk daarvoor nie, selfs snags…
LikeLiked by 1 person
What a magnificent place it’s! True history alive!
LikeLiked by 1 person
Oh yes! 😁
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Groeten uit #Tienen and commented:
Nog een prachtige Blog in mijn categorie over Zuid-Afrika
LikeLike
Klink heerlik! En jou fotos vertel die hele storie.🌹
LikeLike
Dankie. Ons hét lekker gekuier. 😁
LikeLiked by 1 person
Dit lyk na ‘n plek wat ek ook wil besoek. Ek sal nie weet dat die ou by die klavier vloekwoorde speel nie.
LikeLiked by 1 person
Hy get mooi woorde gesing! 😁
LikeLiked by 1 person
So n treinrit klink alte lekker, ek kom ry saam.
LikeLiked by 1 person
Sal laat weet! 😁
LikeLike