In die bos

Wat maak Kaapse boertjies as hulle vir ‘n dag in Pretoria moet vertoef?

Eetplekke? Ons is al moedeloos geëet!

Winkelsentrums? Asseblief tog nie!

Ons gasheer stel die Dinokeng Wildreservaat voor. 

Skielik raak ‘n dag waarna effens opgesien is, ‘n avontuur. 

Ons ry daar in die bosveld, weg van die stad se verkeer, op nou tweespoorpaadjies en vergeet sommer net alles, leef in die oomblik en geniet die skepping van God. 

Daar is baie wild te sien, in pragtige kondisie. Hulle sê daar is olifante en renosters en ander grootwild te sien, ons was seker ‘n bietjie te kort daar, maar ons sien rooibokke, blesbokke, blouwildebeeste,  sebras, rooi hartebeeste, meerkatte, koedoes en voëls. 

Ons was nie so lank daar nie, maar dis beslis ‘n daguitstappie werd, selfs ‘n naweekstappie. 

Komaan Pretorianers, dis nie so ver uit die stad nie. Kom leer julle kinders om weer met die natuur in aanraking te kom. Dis baie goedkoper en meer bevredigend as ‘n dag in die winkelsentrum. Ná so ‘n dag voel jy gevoed, verfris en jou batterye gelaai. Moet nou net nie weer almal op dieselfde dag wil gaan nie!




Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings and tagged , , . Bookmark the permalink.

16 Responses to In die bos

  1. Reblogged this on Groeten uit #Tienen and commented:
    Voor wie eens een zicht op Zuid-Afrika wilt hebben, niet van uit het toeristisch oogpunt, maar geschreven door iemand die er is opgegroeid en het leven in Zuid-Afrika dagdagelijks beleeft, lees eens dit bericht en volg deze site.
    Groetjes
    Theo

    Like

  2. Baie mooi. Ek verwonder my aan die kleur van die wintergrasse.

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Weet nie of ons al daar was nie. Was al ‘n paar plekke hier rond. Ek voel dieselfde oor winkelsentrums…. “tanks but no tanks” soos my kleinseun gesê het toe hy klein was.

    Liked by 1 person

  4. Ek sal beslis kom kyk wat sê die inwoners
    Mooi foto’s!

    Liked by 1 person

  5. In Savanna…In Savanna the lion sleeps nothing! 🙂 Amazing animals!

    Liked by 1 person

  6. travel460 sê:

    Mooiste kameelperd fotos, Toortsie!!!

    Liked by 1 person

  7. Ons was Desember vir n naweek in Dinokeng – ons eerste besoek, en dit het al ons verwagtinge oortref! Nou het jy my behoorlik lus gemaak om weer daar te gaan kuier, Toortsie!

    Liked by 2 people

  8. Ek haat winkelsentrums…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s