Dorp sonder water

Die Kaap is droog. Theewaterskloofdam is leeg. Ek weet nie of die watervlakke enigsins gelig het met die afgelope storms nie. Die Kaap is alreeds op waterbeperkingsvlak 4.

Ons Bredasdorpdam is ook net ‘n poeletjie water, tog word ons nog nie vreeslik gewaarsku om die water spaarsamig te gebruik nie, daar is mos boorgate, maar ook boorgate het reën nodig om water te kan spoeg.

Op Clarens aangekom, kan ons tee drink, maar nie die toilet gebruik nie, die teewater kom uit gekoopte 5L bottels. Iewers het ‘n pyp gebars. Dit was 12 uur die middag. Die nag 12 uur is dit nie meer snaaks nie. En vanoggend is dit nog minder snaaks.

Dit laat my skielik ver dink. Hoeveel keer hoor ‘n mens van ‘n dorp in SA wat vir dae lank nie water het nie weens swak bestuur of watter rede ook al. Droogtes raak meer, water raak minder. Skielik trek my keel toe.

Sonder water kan ons nie lewe nie. Daar is sekere luukshede wat ons nie kan doen nie, maar dit beïnvloed ons alles. ‘n Lekker stort word ‘n plassie water, as jy die plassie het. Is puttoilette in ons agterplaas ons voorland? Hoe was jy skottelgoed?

Die mooiste was dat hier vannag ‘n donderbui oorkom, terwyl ons waterloos in ons bed lê en luister! So, vannag is ons kar sowaar weer afgespoel, die natuur het gesorg!

Mag die dorpe goed bestuur word. Mag God vir Afrika water stuur. Mag ons leer om spaarsamiger te werk met ons water.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

14 thoughts on “Dorp sonder water

  1. Jare gelede in die ou SA was ons 1keer meer as n week lank sonder water in die groot stad Johannesburg.Bllykbaar het d watertoring in ons en n paar ander buurte, leeg geraak agv d droogte, en toe gebreek). Die weermag het elke dag met watertenklorries op strategiese plekke gestop en ons moes met emmers die bruin rivierwater gaan tap. Dit moes eers gekook word voor gebruik. Nie prettig as jy n klein babatjie het ni!

    Liked by 1 person

  2. Amen…! Inderdaad, mens weet eers as jy self in dit is! Ek en die Virgo leef met kompos toilette op die plaas…ons het ‘n spoeltoilet maar dit word nooit nooit met skoon water gespoel nie, net met ons badwater! Water is so kosbaar en heilig…ek weet nou!

    Liked by 2 people

      1. Nee Toortsie…ons is city girls, hehe!! Maar jy kan dit ‘n shortdrop noem as jy wil! Dis al hoe meer algemeen, ons gebruik 20 L verfemmers, dit word onder ‘n stoel met ‘n sitplek geplaas, of in ons gaste cottage ‘n meer fancy bedryfie. Dan word ‘watookal’ fyn saagsels bedek tot die emmer vollerig is…dit word dan toegemaak en gelos vir ‘n tyd. Dan keer ons die emmers uit in ‘n humanure boks, dit word kompos binne ‘n jaar.

        Like

Gesels saam, asseblief!