Party mense doen dit net anders

Kyk, daar’s anders en daar’s anders.

Die La Riviera Gastehuis by Aliwal Noord is ‘n klas van sy eie. Elke item, elke stukkie diens, die mooimaak van die kamer, alles spreek van uiterste sorg, ‘n fyn oog, net die beste.

My man sê op ‘n stadium: ‘Hierdie tannie speel net vir die eerste span. ‘

Steeds is daar opregtheid, geen aansittery, net gasvry. Elke personeellid ontvang jou met grasie en hartlikheid.

Die kersie op die koek? ‘n Gewaste kar! Waar in jou lewe is jou kar al vir jou gewas by jou oornagplek? Sonder dat jy vra, sonder dat daar ‘n bakhand uitgesteek staan!

Egte boeregasvryheid, regte Karoo-warmte.

Soos my man sê, hulle wil graag hê ons moet terugkom!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

11 thoughts on “Party mense doen dit net anders

  1. Mal oor die dekor. Lieflike spiëel, muurpapier, kantgordyne en mooie fyne beligting. As ek ooit weer geleentheid kry sal ek daar wil oorbly net om die romantiek in te adem…. Ek het nou maar een maal ń ding vir romantiese dekor!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s