In die oomblik wees

In die oomblik wees. Mindfulness. Dit voluit te beleef wat jy juis nóú beleef. Nie met my lyf hier, terwyl my kop op ‘n ander plek is nie.  Om hierdie oomblik voluit te geniet.

Twee dae gelede was ek in ‘n ander oomblik. Opgestres. Reg vir ontplof. Moorddag, noem ek dit. Dit kom presies elke 28 dae in gelyke maat, afgetel, amper nes PMS, maar dit is nie dit nie, dis lonedag. Twee dae gelede was dit nie lonedag nie, maar die dag voor ons weggaan en so baie wat nog moet klaar.

Skielik is alles klaar en is dit slaaptyd, om die nuwe dag as ‘n nuwe mens in ‘n nuwe oomblik op te staan.

Ons beleef die nadraai van die verwoestende Knysnabrande, hier en daar trek daar nog rook. Afgebrande huise. Die pad van die vuur deur die woud. Afgryslik.


Verderaan sien ons nuwe bos aangeplant. Windtorings. Lemoenbome.

Die aand stap ons hand aan hand onder die sterrehemel. Ek sien op Facebook die eenheidsoptog wat in Knysna gehou is. Aangryplik!

Ons soek olifante en kry net koedoes en sebras en vlakvarke en skielik, uiteindelik staan sy daar! My gunstelingdier!


Ons gaan wag by ‘n watgergat en ‘n vriendelike persoon sê, nee, by die ánder watergat. Dís waar ons hulle raakloop in hulle glorie en beleef hulle, geniet hulle, wees in die oomblik totdat ons versadig voel. Ons voel hoe die afgelope jaar se spanning sommer so wegvloei.

Die namiddag ry ons weer ‘n draaitjie en groet vir oulaas die ou grotes.

Hulle is nóú hier, dis om nóú te geniet, netnou is hulle weg.  In die oomblik. Geniet die nou, die hier, die saamwees. Be in the moment and blossom where you are. Right here, today. 😁



Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

31 thoughts on “In die oomblik wees

        1. I don’t know if they snore, they only sleep one hour per day, if I am right.
          They make noises with their stomachs. The noise travels far and it is known that they talk to each other right over Africa.

          Liked by 1 person

          1. How interesting! They have their own stomach wi-fi! 🙂
            I’ve watched a TV program where it has been mentioned that they snore & even see dreams. Well…I guess all the animals do dream.

            Like

Gesels saam, asseblief!