In die oomblik wees

In die oomblik wees. Mindfulness. Dit voluit te beleef wat jy juis nóú beleef. Nie met my lyf hier, terwyl my kop op ‘n ander plek is nie.  Om hierdie oomblik voluit te geniet.

Twee dae gelede was ek in ‘n ander oomblik. Opgestres. Reg vir ontplof. Moorddag, noem ek dit. Dit kom presies elke 28 dae in gelyke maat, afgetel, amper nes PMS, maar dit is nie dit nie, dis lonedag. Twee dae gelede was dit nie lonedag nie, maar die dag voor ons weggaan en so baie wat nog moet klaar.

Skielik is alles klaar en is dit slaaptyd, om die nuwe dag as ‘n nuwe mens in ‘n nuwe oomblik op te staan.

Ons beleef die nadraai van die verwoestende Knysnabrande, hier en daar trek daar nog rook. Afgebrande huise. Die pad van die vuur deur die woud. Afgryslik.


Verderaan sien ons nuwe bos aangeplant. Windtorings. Lemoenbome.

Die aand stap ons hand aan hand onder die sterrehemel. Ek sien op Facebook die eenheidsoptog wat in Knysna gehou is. Aangryplik!

Ons soek olifante en kry net koedoes en sebras en vlakvarke en skielik, uiteindelik staan sy daar! My gunstelingdier!


Ons gaan wag by ‘n watgergat en ‘n vriendelike persoon sê, nee, by die ánder watergat. Dís waar ons hulle raakloop in hulle glorie en beleef hulle, geniet hulle, wees in die oomblik totdat ons versadig voel. Ons voel hoe die afgelope jaar se spanning sommer so wegvloei.

Die namiddag ry ons weer ‘n draaitjie en groet vir oulaas die ou grotes.

Hulle is nóú hier, dis om nóú te geniet, netnou is hulle weg.  In die oomblik. Geniet die nou, die hier, die saamwees. Be in the moment and blossom where you are. Right here, today. 😁



Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings and tagged , , , . Bookmark the permalink.

31 Responses to In die oomblik wees

  1. travel460 sê:

    Jy stel dit so mooi, Toortsie. Veral met die olifante as voorbeeld. Om nóú teenwoordig te wees, anders mis jy uit.

    Liked by 1 person

  2. Wonderful elephants!

    Like

  3. Mooi geskryf en pragtige fotos Toortsie.

    Like

  4. Kameel sê:

    Oom Olifant jou grote dier 🙂 Nou weet ek wat jou gunsteling dier ook is!!!

    Like

  5. Terug pieng: In die oomblik wees | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog – Groeten uit #Tienen

  6. puppy1952 sê:

    Mooi woorde Fantasiese fotos 😊🐘❤️

    Like

  7. Olifante is sulke wonderlike intelligente diere. Mooi fotos.
    Laat my dink aan “seize the day”of die oomblik. Vang dit vas in jou geheue in volheid..

    Like

  8. dromer777 sê:

    Fantasties. Fotos en skrywe

    Liked by 1 person

  9. Wow hulle is by jou velang nou sommer na die Kruger. Knysna is tragies maar soos jy se die eenheidsoptog was merkwaardig

    Like

  10. Terug pieng: New Book Release – Vijaya Gowrisankar – “Savour – Art and Poetry meet” – An Exquisite Collection of Art & Poetry | toofulltowrite (I've started so I'll finish)

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s