Sabbatsreis

‘n Baie bekende radio-omroeper het ‘n rukkie gelede op ‘n sabbatsreis gegaan vir ‘n baie lang tyd.

Net daar het ek besluit, dís wat ek moet doen! Sodra ek klaar getrek het en afgetree het, gaan ek op ‘n sabbatsreis deur die land en orals my ou vriende opsoek.

Ek hét klaar getrek, maar by die beplande aftrede nog nie gekom nie. Om die waarheid te sê, ek vermoed daardie aftrede gaan nog lank nie kom nie!

Ek praat my mond verby oor my beplande sabbatsreis en besef ek is in elk geval te bang om dit alleen te doen, pappa moet saam! Ek sal my in elk geval doodverlang na hom!

Intussen nooi ek hier iemand saam en daar, die beplande reis raak al hoe langer om orals aan te doen en ons sal minstens ‘n trein nodig hê om almal vervoer te kry! 😁

Nou het ek raad nodig. Wat behels ‘n sanbatsreis eintlik alles? Neem ‘n mens iemand saam op so ‘n reis? Hoe lank gaan ‘n mens op so iets?

Laat weet asseblief. Intussen los ek sommer die hele boks-en-dais by die huis, gryp vir manlief en my breiwerkies en weg is ons!

Baaaaiiii

Toortsie

Onthou om te laat weet hoe ek daai sabbatsreis moet aanpak!

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Reis-ervarings. Bookmark the permalink.

12 Responses to Sabbatsreis

  1. Kameel sê:

    Nog nooit van ‘n sabbatsreis gehoor nie…. maar doen dit terwyl jy nog lus is vir reis. Soos my dogter sê hoe ouer sy en haar man word hoe minder lus is hulle vir goed wat moeite verg… soos duik.

    Liked by 1 person

  2. Kort reis of ‘n lang reis… Reis is reis. Ek het ‘n vriendin wat elke drie maande na ‘n ander plek reis en dan daar bly … dit voel vir my soos ‘n sabbatsreis… sug… maar wat sal ek nou weet

    Liked by 1 person

  3. Dis soos langverlof in die ou dae. In onderwys kon jy elke tien jaar n drie maande betaalde verlof kry. Hier is wat hul op google dit verduidelik:..a period of paid leave granted to a university teacher or other worker for study or travel, traditionally one year for every seven years worked. So jy moet self besluit kan jy nou betaalde verlof neem of nie! Dit lyk egter, soos ek dit sien en voel, asof mans dit meer nodig het as vrouens! Veral die rugbyspelers hou daarvan om n jaar se sabbatsreis te doen. Hul kom dan uitgerus en reg vir die rowwe speletjie terug.(Natuurlik ook omdat hul betaal word vir n tydperk) So, jy moet maar besluit ofjy gaan en wie saamgaan en waarheen jy gaan. Alles net om heerlik uitgerus treug te kom en dan volstoon vir die volgende tien/sewe jaar net werk, werk, werk!

    Like

  4. oudoring sê:

    Ons, ek en My Lief, is tans op n sabbatsreis. Verg moed, planmakery en n paar dapper stappe en daar gaat jy. Lees bietjie “Om te spring” op my blog. Mooiloop.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s