Eiertjie te lê oor gee en ontvang in noodtoestande

Vergewe my asseblief vir hierdie skrywe, maar ek wil dit graag van my hart af kry.

Suid-Afrika is ‘n land van uiterstes: Uiters droog teenoor vloede, uiters ryk teenoor arm, uiterste krisisse teenoor baie lekker.

Suid-Afrika is ook ‘n land van omgeemense. Dit het ek nou weer eens gesien in die Knysna-krisis, ek sien dit by Boere in Nood, ek sien dit by elke liewe krisis en op baie ander plekke ook.

Ons het ook ‘n land van baie kulture en selfs mense van dieselfde kulture of geslag of dorp, is baie verskillend. Is dit nie wonderlik nie? God het ons mos elkeen uniek gemaak.

Kom die krisis, tree ons ook almal verskillend op. Die een persoon hou daarvan om in oorvloed te gee en gee nie om waarvoor die geld gaan nie, terwyl dit net daar help wat die nood is; die ander een wil weer graag rekenskap eis van elke stukkie brood wat hy gee. Die een wil anoniem bly, die ander een wil graag bekendmaak wat hy gee. Die een wil graag Woord verkondig saam met sy goeie daad, die ander een voel dis nie die plek nie.

Weet julle wat vang my?

Elke keer as die krisis kom, gaan mense se harte oop, ons sien hoe Suid-Afrikaners kan saamstaan ongeag al die verskille wat daar is. Dan, skielik, begin die gemor. Een het nou weer meer gekry as ‘n ander, of die geld is nie bestuur soos wat ‘n sekere persoon dit sou wou hê nie. Mense begin mekaar kritiseer omdat ander nie gegee het wat iemand anders gevoel het gegee moet word nie. Die een voel oordonder deur die Christene, die ander een voel die Christene doen te min.

My wens is dat ons in tye van nood bymekaar sal staan, dat elkeen sal gee soveel en hoe hy of sy graag wil en kan, met ‘n Bybel, sonder ‘n Bybel, anonomiem, met sy naam by, solank dit IN LIEFDE gegee word en in die vertroue dat dit sal uitkom waar dit nodig is. 

Netso is my wens dat die ontvangers daarvan die liefde sal raaksien waarin dit gegee word, selfs al word dit miskien nie gegee op die manier waarvan jy sal hou nie, selfs al is dit nou nie heeltemal die kleur of smaak waarvan jy hou nie.

Kom ons sien mekaar se liefde en omgee raak, dis tog waaroor dit gaan.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

17 Responses to Eiertjie te lê oor gee en ontvang in noodtoestande

  1. Dis seker hoekom die linkerhand nie moet weet wat die regterhand doen nie. Sodat die regterhand nie die kritiek hoef te verduur nie.

    Liked by 1 person

  2. Ek het een keer gesien hoe Gift of the Givers kos uitdeel… ek was ongelooflik beïndruk. Almal het gekry en daar was orde en ‘n rustigheid wat my ‘n knop in die keel gegee het.

    Liked by 1 person

  3. the Author sê:

    Laat my dink aan die gemor van mense wat die Here vanuit Egipte en slawerny bevry het. Dankbaar? O nee, die mense het allerhande wyshede kwytgeraak en fout gevind met die leiers…die uiteinde daarvan was VEERTIG JAAR in die woestyn. Ondankbaarheid, selfsug, nydigheid en foutvind is maar wat ons oral sien. en vandag se mense is niks beter. Natuurlik is daar uitsonderings en ek is diep dankbaar teenoor die Here vir sulkes. Ek wil nie eers praat van die onlangse biddag wat so gekritiseer is nie, Veertig jaar mag te kort wees… 😉

    Like

  4. Met soveel bedrog wat deesdae aangaan, is dit nie vreemd dat mense so optree nie.Ek is wantrouig om sommer geld te gee,want mens weet nie of dit by die regte plek uitkom of in een of ander skelm se sak beland nie.

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    Hierdie is ‘n moeilike een. Mens gee met die hart en vertrou dat dit op die regte plek sal uitkom…. dis al wat ons kan doen. Dit is beter as jy nie altyd weet wat aan die anderkant van die gee aangaan nie…. net miskien sal jy jou hart en hande dan toemaak.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Ek voel as ek gee en met liefde en blymoedigheid gee, het ek my deel gedoen. Ook met verantwoordelikheid gee.
      Wat die volgende ou daarmee doen, is sy verantwoordelikheid en hy moet maar eendag daarvan rekenskap gee.

      Liked by 1 person

      • Kameel sê:

        Dit is presies wat my man altyd sê. Verlede jaar het ons kerk ‘n klereinsameling vir die armes gehou. Dit het in oorvloed ingekom… in so ‘n mate dat ons Care Center dit nie kon behartig nie en vrywilligers gevra is om te help uitsorteer en pak. Ek was daar… en bitter ontsteld toe ek sien hoe een ryk vrou dag na dag van die beste klere eenkant sit vir haarself. Ek dink dit gebeur maar oral, dus moet ‘n mens maar gee en laat staan. Beter om dié dinge nie te weet nie.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s