Twyfelrige Thomas

Ons bybelstudiegroep is tans besig met die boekie, As Jesus in jou lewe instap, deur Jaco Thom. Hierdie week was die ongelowige Thomas die onderwerp van bespreking.

Thomas, wat nie by was toe Jesus aan die ander dissipels verskyn het ná Sy opstanding nie. Thomas, wat nie sy vriende wou glo dat hulle Hom gesien het in lewende lywe nie.

‘Nee’, sê hy, ‘As ek nie my vingers in Sy wonde gesteek het nie, sal ek nie glo nie.’

Sonder dat iemand vir Jesus vertel het, het Hy geweet van Thomas se twyfel en toe Hy hom sien, nooi Hy hom, ‘Kom, kom steek jou vingers in die gate in My sy.’ Natuurlik was dit nie nodig dat Thomas dit fisies hoef te doen nie, hy het onmiddellik geglo.

My lewe lank het ek dit as negatief ervaar. Genade, wat is sy probleem? Hoekom het hy nie geglo nie? Hoekom was hy so arrogant om eers sy vingers in die wonde te wil steek om te glo?

Maar skielik laat die Here my besef: Hy is nie ‘n verwytende Here nie! Hy is ‘n liefdevolle, insluitende Here. Hy het geweet van Thomas se twyfel en was nie vir hom kwaad daaroor nie. En skielik wonder ek, is dít nie die rede hoekom Thomas nie by was die eerste keer toe Jesus aan die dissipels verskyn het nie. Is die rede nie juis dat Jesus wil wys, weet jy, as jy onseker is, as jy twyfel, dis heeltemal okay met Hom. Hy sal jou steeds liefhê selfs al is daar tye wat jy onseker voel oor Hom, oor of Hy regtig lewe, oor of Hy regtig kan doen wat Hy sê.

Ek leer ook dat twyfel soms positief kan wees, dat twyfel kan maak dat jy dieper gaan delf oor iets, dat jy gaan antwoorde soek en versterk word daardeur.

Ekself het op ‘n stadium gewonder, terwyl ek Romeine lees, is dit regtig so dat nie-Jode ook ingesluit is in die belofte? Paulus het eers later bygekom, hy was nie een van die dissipels nie, het hy nie die kat aan die stert beet nie? Ek het my antwoorde gaan soek en dit by Jesus self gevind. Ons ís almal ingesluit in die Groot Belofte, dat as ons Jesus Christus aanvaar as ons Verlosser, ons Sy kind genoem mag word en mag deel in die wonder van die Ewige Lewe.

God is nie kwaad as ons twyfel nie. Hy het ons lief en wil graag vir ons antwoorde gee.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Boeke en flieks, Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

11 Responses to Twyfelrige Thomas

  1. travel460 sê:

    Dit is so gerusstellend, Toortsie. Hy wag vir ons, met baie geduld, en Hy verstaan ons twyfel.

    Liked by 1 person

  2. So n groot alles insluitende onvoorwaardelike liefde en genade

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Ek wonder of daar werklik ‘n kind van God is wat nie een of ander tyd twyfel oor iets rondom God en Sy Woord nie. Dit is hierdie wonderlike genade van Hom wat maak dat ‘n mens Hom net liewer en liewer kry.

    Liked by 1 person

  4. Ek moet familie van hom wees

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s