As ‘n deel van die liggaam swaarkry

Of ons nou praat van die kerk, of die gemeente, of selgroep, of dorp of stad of gemeenskap, noem maar op, saam maak die ‘groep’ ‘n liggaam.

In 1 Kor 12 beskryf Paulus die liggaam met sy baie dele, elkeen van ons ‘n besonderse deeltjie. Elkeen van ons het sy eie gawes en doel. Sommige van die deeltjies of lede van die liggaam is meer prominent as ander, maar die liggaam kan nie optimaal funksioneer as al die dele nie daar is nie.

Ek lees iewers van ‘n persoon wat gebreek het met haar familie. Ek is nie hier om te oordeel nie, ons het elkeen ons redes hoekom ons goed doen. Ek kan net vir en namens myself praat.

In elke familie gaan dit nie aldag goed nie. Soms raak dinge maar erg warm onder die kiewe, ons is immers verskillende mense met verskillende persoonlikhede wat saam ‘n lewe probeer maak.

‘n Mens is geneig om makliker te haak met die kind of ouer wie se persoonlikheid met joune ooreenstem. So het ek en my ma in ons lewe baie vasgesit. Erg vasgesit. Rof vasgesit. Soms, in my jonger dae, het ek ook gevoel om eerder die afstand te handhaaf, ek glo sy het ook so oor my gevoel. Maar bloed is dikker as water en elke keer is ons terug na mekaar, soms met groter sukses as ander tye.

Vandag kyk ek met dankbaarheid terug dat ons elke keer weer probeer het, dat ons nooit ons probleme groter gestel het as ons verhouding nie. Vandag is sy broos, afhanklik en het sy my goedheid nodig en is ek dankbaar om vir haar op ‘n manier te kan help.

1 Kor 14:26: ‘As een lid ly, ly die hele liggaam. ‘

Skeuring in ‘n gesin bring ontroosbare hartseer. Dit bring ‘n pyn wat mens nie kan wegdink, wegwens of wegredeneer nie.

Vanoggend het ons dominee Corney so mooi gesê: ‘Op die ou end maak elkeen van ons ons eie keuses, is ons verantwoordelik vir ons eie keuses en kan ons nie ons ouers die res van ons lewens vir ons eie verkeerde keuses blameer nie. ‘

Mag God ons help om ons gesinne te beskerm. Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy kan verslind.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

9 thoughts on “As ‘n deel van die liggaam swaarkry

  1. ek het ook lank rondgeloop met die gedagte dat as my pa my net anders hanteer het sonder om noodwendig daaraan te dink hoe ek hom hanteer het. Ek hoop om oor ‘n maand en ‘n hlf iest te blog van die huldeblyk wat ek op sy begrafnis gedoen het.

    Liked by 1 person

  2. Vir my as ń ouer krimp my hart ineen as ek hoor, en soos jy, lees, van mense wat wegstap van hul families af. Ek persoonlik sal nie so iets oorleef nie, ek is baie eerlik. Mag ons ons harte teenoor mekaar versag en by God se voete gaan pleit om gevul te word met Sy deernis en liefde teenoor ander.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!