Is aartappels toelaatbaar ná ‘n dag se staan?

Daar is ‘n wanpersepsie dat jy wel aartappels en mieliepap mag eet as jy dit vandag kook, laat afkoel en dan môre warm maak en eet.

Ek praat natuurlik hier met Banters. Alle ander mense mag dit eet wanneer, waar en hoeveel hulle wil.

Ons Banters verkies mos om dit nie te eet nie. As ons dit wel eet, gaan die polisie jou nie kom arresteer of gaan jy dood neerslaan nie. Die Bantingpolisie is wel baie erger: Hulle gaan jou kom ophang aan jou groottoon en stukkie vir stukkie afslag, dit belowe ek jou! 

Maar liewe Banters, moenie jou laat vang nie. Dit is dalk so dat daar dalk ‘n bietjie van die stysel uitkook en dat, as jy van kos waarby aartappels ook in die pot is se sous gaan skep, jy van die stysel kan inkry, maar my liewe vriende, styselkos is styselkos.

Aartappels en mielies en rys en grane en mieliepap is styselkosse. Die stysel gaan nie môre minder wees as vandag nie, selfs al kook jy dit 10 keer en koel af en kook weer.
Sover my kennis strek is die enigste iets wat uit kos kook, vitamienes, en daarom is dit beter om jou groente eerder rou te eet, of dit nie in ‘n klomp water te kook en die water af te gooi nie. Maar regtig, stysel bly stysel. En stysel is ‘n vorm van suiker.

So pas op! Moenie jou laat vang nie!

Vriendelike waarskuwing deur Toortsie en as julle wonder, ek is NIE van die Bantingpolisie nie, ook nie die Mafia of ‘n hele paar ander geheime organisasies wie se name ek nie eers durf waag om op ‘n openbare platform soos hierdie te noem nie!

Groete

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

15 thoughts on “Is aartappels toelaatbaar ná ‘n dag se staan?

    1. Dit sal dalk help vir ‘n hemelhoë suikertelling! Wert jy, ek was net so lief vir brood en aartappels en het glad nie meerbehoefte daaraan nie, behalwe as my manlief ‘n vars gebakte brood uit die houtstoof se oond haal.

      Like

  1. Maggies het ek nou laaaaaaank gewag voordat die bladsy oopmaak. Seker omdat die aartappels so vol stysel is! Ek maak n grappie hoor. Ek het so lanklaas hier gelees dat ek sommer vreemd voel. Ek kom net nie by die blogs uit nie. Dis interessant hoe mense kan glo wat hul self dink reg is, As die aartappels ge-oornag het het die stysel nie uitgetrek nie!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!