Is joghurt sommer net joghurt?

Vir jare het ons laevet joghurt gebruik, versoet. Ek lees nou die dag iewers dat so ‘n versoete bakkie laevetjoghurt eintlik net ‘n bakkie suiker is. Dit maak vir my sin, al die voedingswaarde is uitgehaal en ‘n klomp suiker is bygevoeg om smaak te gee.

Toe raak ons aan die Bant en skree vir volroomjoghurt. Die suiwelmaatskappye gee gehoor en kort voor lank is daar volroomjoghurt, dubbelroomjoghurt, met of sonder suiker.

Vandat ek nou weer meer betrokke is by ons melkstal en daar gereeld vir my ‘n bottel ekstra volroom Jerseymelk gebring word vir die honde, het my kop weer oortyd begin werk. Wat verhoed my om my eie joghurt te maak?

Oom Google word onmiddellik geraadpleeg en vriendinne gee raad en net daar ontstaan Toortsie, die Joghurtmaker. Die vennote se ogies sien net Dollars, Toortsie gaan nou (in hulle koppe) die mark oorval met Toortsiejoghurt, maar Toortsie stel dit baie duidelik: Nee, nee, nee, hierdie is slegs vir eie plesier en privaatgebruik.

Ek toets dit een keer met gewone volroom ‘winkelmelk’ toe ek by die huis is en dis ‘n reuse sukses, maar my binneste vra: Moet ek elke keer só lank voor die stoof staan en roer? Ek is mos eintlik een wie se kos self gaar word, ek staan nie heeldag voor die kospotte nie!

Daardie eerste joghurt is héérlik, ek neem nóg meer suiwel in as wat ek reeds doen!

By Kruinsig Plaasakkommodasie by Riversdal waar ons bly as ons hier op die plaas kom werk, is ‘n lieflike ou houtstoof. Saans maak ons sommer pot op die houtstoof terwyl ons heerlik om die warm stoof kuier. Hoe moeilik kan ‘n joghurtmakery dan nou wees?

So, terwyl die potjie heerlik prut en ons lekker saamkuier, staan die swaarboomkastrol langsaan op dieselfde ou houtstoof. Geen elektrisiteitskoste nie!

Jy gooi 2 liter ekstra volroom Jerseymelk, in ‘n swaarboomkastrol en bring die melk tot kookpunt. Roer gedurig sodat die melk nie onder in die kastrol vasbrand nie.

Sodra dit kook, moet dit afkoel net totdat dit nie meer jou vinger brand as jy dit daarin steek nie. Roer steeds heeltyd sodat ‘n velletjie nie vorm nie.

Dan skep jy in ‘n ander bakkie ‘n halwe koppie gewone, geurlose joghurt wat jy iewers gekoop het, of as jy al jou tweede keer maak, sommer van die vorige joghurt wat jy gemaak het. Dit gaan oor die lewende kulture daarin wat jy nodig het.

Skep ‘n koppie vol van die afgekoelde melk by die joghurt en meng dit. Skep dan alles terug in die kastrol by die ander melk en roer dit deur.

Sit die deksel op en draai die hele kastrol met melk en deksel en al toe in ‘n handdoek, soos ‘n babatjie.

Sit die hele kontrepsie in ‘n groot plastiek koelerboks.

Plaas ‘n tweeliterbottel vol warm water daarby in.

Maak die koelerboks toe en laat staan dit oornag (die resep sê 18 uur).

Sit dit in die yskas om te verkoel.

Nou kan jy met jou joghurt maak net wat jy wil. Jy kan dit saam met vrugte eet, of kakao en xylitol bygooi, of net wat jy wil.

Daar is beslis ‘n verskil tussen laevet, dubbelroom, winkeljoghurt en tuisgemaakte joghurt wat met ekstra volroom Jerseymelk gemaak is. Geen preserveermiddels bygevoeg.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking and tagged , . Bookmark the permalink.

31 Responses to Is joghurt sommer net joghurt?

  1. Haai Toortsie,jy is darem oulik! Ek is heeltemal te lui om soveel moeite te doen..gaan eendag daar by jou kom inklok vir die propperse joghurt!
    Oe, daardie stoof vat my terug na my ouma se kombuis en heerlike geselsaande!

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek is mos ook ‘n vreeslike lui kok, dis hoekom ek wonder of ek sal aanhou as ek dit so op my eie doen. So saam met die gekuier en potmakery is dit egter ‘n ander saak.
      Die joghurt het egter baie lewendige kulture,en ek eet bietjie vinniger daaraan. Dit het verreikende gevolge!

      Liked by 1 person

  2. Is joghurt-maak amper so iets soos die outydse “dikmelk” of “siermelk?”

    Like

    • Toortsie sê:

      Ek dink dikmelk of suurmelk is rou melk wat suur geword het.
      By joghurt werk mens met gaar melk. Die kook het blykbaar iets met die prises te doen.
      En dan kry jy karringmelk as jy room karring tot die botter is. Die melk wat dan daar uitloop, is karringmelkp

      Liked by 1 person

      • Toortsie sê:

        O, ‘n mens sal seker van gaar melk ook suurmelk kan maak. Dis eenvoudig melk wat suur geword het.
        By joghurt het jy ‘n ‘plantjie’ nodig wat lewende kulture bevat.

        Like

  3. Kameel sê:

    Ai, ai klink al te veel na harde werk….. soos beskuit of broodbak. Geniet die koolstoof….en yoghurt.

    Like

  4. Kan ek maar die volroommelk daar by jou kom haal 🙂

    Like

  5. Ek koop volroom plaasmelk net hier om die draai van ons af. Dalk moet ek die joughurtding aanpak, maar wat ek eintlik wil hê is daai stoof. Ek wil borriepatats in die oond gooi en wanneer dit gaar is, dik botterskyfies daarin sny en net daar by die stoof sit en eet.

    Liked by 1 person

  6. Nikita sê:

    Toorts, jy gaan my nie glo nie, net gister het ek vir my man gese (my kappies werk nie! my boodskappe verdwyn as ek dit wil gebruik) ek wil graag jogurt maak, maar ai, dit klink na baie werk. 🙂 Ek hou van die plaas akkomodasie wat julle het. Ek het gaan loer op jou blog!

    Like

  7. Lekker plaasmelk! Wat sal ek gee daarvoor.
    Toortsie jou volgende projek kan roomkaas wees. Ek maak sommer soms van winkel jogurt.

    Liked by 1 person

  8. Tokeloshe sê:

    Wat ‘n pragtige ou koolstoof!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s