Verslawing oorwin?

Op 27 Julie 2017 sal dit drie jaar wees vandat ek begin het met Banting. Iewers het ek dit een van my mikpunte genoem: Om vir drie jaar uit te hou, omdat iemand een keer vir my gesê het dit neem drie jaar om ‘n verslawing te oorwin.

Ek is nie so seker daarvan of ‘n mens ooit ‘n verslawing totaal kan oorwin nie. Jy kan leer om dit te beheer, maar na my mening is dit ‘n siekte wat, as jy dit een maal het, jy dit nooit heeltemal kan afskud nie.

Alkoholisme is ‘n progressiewe siekte wat erger raak selfs al drink die persoon vir jare nooit. Wanneer hy dan weer begin alkohol gebruik, selfs na baie jare, verval hy sommer gou weer in die alkoholisme.

Ek het te min kennis van suikerverslawing om te weet hoe dit werk. Ná amper drie jaar het suikerloos vir my ‘n leefstyl geword en is ‘n soetding vir my walglik soet. Ek kry wel nog soms lus vir ‘n soetigheid en kry myself geflous met xylitol.

Maar daar is een ding wat ek weet: Die res van my lewe sal ek suiker met respek moet behandel. Daar sal nie ‘n tyd kom wat ek kan sê dat ek weer suikers en stysel kan eet op ‘n gereelde basis nie, dalk as ek oud en afgeleef in die ouetehuis is eendag!

Of die plaasvervangers goed is of nie, is natuurlik ‘n ander debat, maar ek is dankbaar dat ek soms vir my ‘n tert kan maak en nie afgeskeep hoef te voel as almal heerlik aan soetighede smul nie.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse:  Koop tyd

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

18 thoughts on “Verslawing oorwin?

  1. Good for you. Ek raak ook soms so lus vir ‘n soetigheidjie dat ‘n vinger vol katjiebotter maar die job moet doen. Ek is nie ‘n banter nie. Drink net sedert my tienerjare nie koffie of tee met suiker in nie en drink soveel tee, dat ‘n koekie of snytjie iets nie ‘n opsie is nie. Go Toortsie.

    Liked by 1 person

      1. Jy vertel my, gelukkig is ek as ‘n reël nie ‘n soettand nie, maar daar is so baie kos met verskuilde suikers daarin xxx ek wens ek het genoeg wilskrag vir banting gehad – ek het baie respek vir julle wat dit bemeester.

        Liked by 1 person

  2. Ek stem 100% saam met jou, as jy eenmaal verslaaf aan iets is gaan jy altyd versigtig moet wees. Iemand na aan my sukkel baie met verslawing en dit werk presies soos jy sê. Ek glo wel dat jy deur God se hulp verslawing kan wen, maar die duiwel bly listig en die versoekings gaan altyd kom. Ek voel regtig jammer vir mense wat meer vatbaar vir verslawing is as ander. Ek wonder of dit ‘n gene ding is? Geluk met jou amper 3 jaar van oorwinning. “Keep it up!” 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!